Op foto’s wat die Spaanse tydskrif Hola! verkry het, spog die voormalige tennisliefling Anna Kournikova (38) met ’n bababoepie op ’n boot in Miami saam met haar jarelange lewensmaat, die sanger Enrique Iglesias (44).

swangerskap,bekendes,hollywood
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die twee het hul aanhangers in die duister gehou oor hul eerste swangerskap en eers dae ná die babas se geboorte bekendgemaak hulle het die tweeling Lucy en Nicholas (nou 2) verwelkom.

View this post on Instagram

#happynewyear #??????????? ??

A post shared by Anna Kournikova Iglesias (@annakournikova) on

Die twee, wat sedert 2001 saam is nadat hulle mekaar op die stel van sy musiekvideo vir “Escape” ontmoet het, is bekend daarvoor dat hulle die kollig vermy en deel net af en toe foto’s van hulself of hul kinders aanlyn.

Maar Enrique het al gepraat oor die vreugde van pa-word en dit “een van die beste gevoelens ter wêreld” genoem.

Hy het ook gesê hy hoop om ’n “koel, gemaklike pa” te wees.

View this post on Instagram

#chillin

A post shared by Enrique Iglesias (@enriqueiglesias) on

Nog swanger sterre 

Grimes en Elon Musk

swangerskap,bekendes,hollywood
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 31-jarige popsangeres Grimes het eindelik die gerugte bevestig dat sy en haar miljardêr-kêrel, Elon Musk (49), die uitvoerende hoof van Tesla, ’n baba verwag.

In ’n Instagram-plasing het sy onthul sy het vroeë komplikasies met haar swangerskap gehad, maar beleef ’n beter tweede trimester. Op 25 weke begin haar lyf “oral seer word”, vertel sy.

Grimes het verlede maand ’n foto van haar geplaas met ’n kunsmatige fetus wat op haar maag aangebring is.

Ciara en Russel Wilson

swangerskap,bekendes,hollywood
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 34-jarige sangeres Ciara het op Instagram aangekondig sy verwag haar derde kind by haar man, die Amerikaanse voetbalster Russell Wilson.

Sy is reeds die ma van ’n seun, Future (5), wie se pa die rapper Future is, en ’n tweejarige dogter, Sienna, by Russell.

Michelle Williams en  Thomas Kail

swangerskap,bekendes,hollywood
Foto: Gallo Images/Getty Images

Michelle Williams en haar nuwe verloofde, die rolprent- en teaterreggiseur Thomas Kail (43), verwag hul eerste kind saam.

Die 39-jarige aktrise het ’n dogter, Matilda (14), by wyle Heath Ledger.