“ ’n Mens kan duidelik op my gesig in die video sien hoe spesiaal dit vir my is,” vertel die naaswenner van die talentsoekprogram Die Kontrak oor sy tyd voor die kameras saam met sy seuntjie, Damian (2), en dogtertjie, Skylar (1). 

ivan roux,sanger,musiekvideo
Ivan en klein Skylar. Foto: Ruben Roos Photography.

Dié video vir Ivan se liedjie Dis Liefde is in die Sun Arena-omgewing in Pretoria verfilm. 

ivan roux,sanger,musiekvideo
Ivan sê hulle het van tienuur die oggend tot net na vyfuur die middag aan die musiekvideo geskiet. Foto: Ruben Roos Photography.
ivan roux,sanger,musiekvideo
Foto: Ruben Roos Photography.

Die lied se tema is die liefde in al sy vorme, en Ivan wou ook die liefde van ’n pa vir sy kinders uitbeeld. 

“Hierdie musiekvideo is baie anders as Daai Ding en vir ’n baie belangrike rede. Ek wou nie regtig weer interaksies hê met enigiemand op ’n musiekvideo nie.”

“Die video wys verkillende aspekte van liefde tussen vriende, iemand wat iemand anders troos en ’n man wat ’n vrou oor die pad help. Dis nie als romantiese liefde nie, maar liefde in die sin van omgee.”

ivan roux,sanger,musiekvideo
Foto: Ruben Roos Photography.

“Toe ek in die video deur almal se oë sien wat liefde vir hulle is, wou ek wys wat vir my liefde is.” 

Die twee woelwaters het ook gelukkig eers aan die einde van die dag op die stel opgedaag om hul deel te skiet, anders sou dinge ’n bietjie dol gegaan het, spot hy. 

ivan roux,sanger,pa,kind
“Kom na pappa toe!”. Foto: Ruben Roos Photography.
ivan roux,sanger,musiekvideo
Foto: Ruben Roos Photography.
ivan roux,sanger,musiekvideo
Dis nie net die kinders wat die dag geniet het nie. Foto: Ruben Roos Photography.

“Ek dink nie hulle het enige idee gehad wat aangaan nie, maar hulle het mooi saamgespeel en heeltyd vir hul pappa geluister. Dit was nie te veel van ’n uitdaging nie; dalk is ek net gewoond aan hoe bedrywig hulle kan wees!”