Oos, wes, tuis bes vir die bekende rocker Francois van Coke. Hy is terug in Stellenbosch.

Die hoofsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel het Maandag ’n foto van hom en sy lieflingdogter, Alex Lila, op Facebook en Instagram gedeel.

Francois het die afgelope twee weke in Gauteng getoer waar hy op Hartbeespoort en in Pretoria en Krugersdorp opgetree het.

“Gelukkig om by die huis te wees,” het Francois by die inskrywing met ’n hartjie en #alexlila geskryf.

Die oulike foto van Francois en sy dogtertjie het net onder die 3 000 trefslae gekry.

Die rocker se aanhangers kon skaars uitgepraat raak oor die pragtige meisiekind.

Klein Alex Lila vier later vanjaar haar tweede verjaardag.