Die model en branderplankryer Roxy Louw is onder die bekendes wat in 2018 verloof geraak het.

Die oudste dogter van die rugbyheld Rob Louw en haar kêrel, Sam Barton, het die nuus met haar meer as 20 000 Instagram-volgelinge gedeel. 

Sam het haar heeltemal onkant betrap toe hy die jawoord vra, het Roxy aan Huisgenoot vertel.

Volgens Roxy het hulle baie vriende oor die wêreld heen; daarom sal die bruilof waarskynlik ’n drie dag lange naweekaffêre in Suid-Afrika wees met sowat 200 van hul naaste vriende.

Roxy het aan Huisgenoot bevestig die troue sal in Februarie 2020 wees.

Die akteur Christian Bennett, wat die rol van Emile in die kykNET & Kie-telenovela Arendsvlei vertolk, is verloof aan Liezel Chambers.

Die paartjie het mekaar drie jaar gelede ontmoet toe sy by ’n trap afgegly en hy haar vang voor sy die grond sou tref. 

Hulle is die ouers van die eenjarige Phoenix Bennett, wat reeds in haar bekende akteurspa se voetspore volg. Phoenix is klein Stella in die kykNET-sepie Suidooster. 

Die voormalige Stormers-kaptein Juan de Jongh en sy meisie, Simone Lourens, is ook verloof.

Die rugbybreker het op Instagram gespog hy het nou eindelik ’n verloofde.

Die aktrise Simoné Nortmann, wat die rol vertolk het van Irma Humpel in die Huisgenoot-eeufeesfliek Vir die Voëls, het ook verloof geraak aan haar beste vriend en kêrel, Andries Pretorius.

View this post on Instagram

Minutes before my fiancé @andriespretorius_ (YES I’M DROPPING IT LIKE IT’S HOT) asked me to marry him he pulled out his phone and said he’s been praying for me and would like to share a few things he felt was on God’s heart for me. He (joyfully-tearfully) started reading scriptures and sharing visions and apart from the fact that it was scarily accurate, the only thought I can remember going through my mind was, “GOD IS GIVING ME A HUSBAND THAT HEARS HIS VOICE.” A prayer and desire I’ve kept in my heart for as long as I can remember. Countless journals full of teenage heartache, adult heartbreak, hopeless idealism and “Jesus, when?” and then God shows up, intervenes, redeems, and (in HIS time) gives a gift that exceeds ALL my expectations. So after Andries proposed we walked back to reception where a helicopter (Bell 430, in my favourite colour) and two pilots awaited us with Moët champagne and treated us to a congratulatory trip (a surprise courtesy of someone at the hotel who felt to bless us) - how incredibly significant ??. Afterward Andries lead us in communion and then we had a couples’ massage. And after thát he brought me back to Pretoria where he organized a surprise engagement party with 50+ of our closest friends and family. ?? Andries, I have no doubt that the rest of my life and all of my heart is safe with you. Your love ushers me into such freedom and joy. The second biggest YES of my life, and I’ll shout it from the rooftops! Dankie dat jy jou hart vir soveel jare beskerm het, dat jy jare lank ook vir my gebid het, en dat jy heel is. Let’s get married, baby! ♥? ????

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

Die aktrise het reeds voorstelle gesoek by haar byna 84 000 Instagram-volgelinge oor waar die paartjie moet gaan wittebrood hou.

Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith het ook in 2018 vir sy prokureursmeisie, Romy Lanfranchi, die jawoord gevra. Die paartjie het in Oktober verloof geraak.

View this post on Instagram

About last night ????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Romy het voorheen aan Huisgenoot vertel sy was uitgeboul toe sy hom die eerste keer ontmoet, veral omdat hy so plat op die aarde is. Die paartjie is sedert 2016 saam en het ’n seuntjie, Sebastian, wat in Desember twee jaar oud word. Hulle het albei twee kinders uit vorige huwelike.

En al was Katrien se versoek om met Sam te trou onsuksesvol in die kykNET-regsdrama Fynskrif, is die akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel wat dié rolle vertolk, in die regte lewe op pad kansel toe. 

View this post on Instagram

En toe sê ek JA! ?

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte) on

Cintaine en Carel, wat al sewe jaar ’n paartjie is, het in September tydens ’n romantiese piekniek op Leeukop in Kaapstad verloof geraak. 

“Leeukop is my gunstelingberg en is baie spesiaal vir my. Toe Carel my vra om met hom te trou, was die son besig om oor die see te sak en dit was regtig baie mooi,” het die aktrise aan Huisgenoot vertel.