Op 14 Februarie gaan ons almal die gelukkige man, die smeulende Lee Thompson, van nader leer ken wanneer hy op M-Net te sien gaan wees in die maatsoek-program The Bachelor.

Maar intussen het ons op sy Instagram-profiel gaan rondsnuffel vir die sexyste foto’s van dié 30-jarige donkerkop sakeman en model van Kaapstad.

Wat is dan ouliker as om langs ’n hondjie te poseer om jou meer as 39 000 Instagram-volgers ’n geseënde nuwejaar toe te wens?

Lee is duidelik ’n diereliefhebber.


Lee is ook duidelik lief vir die strand en buitelewe. Hy gee glad nie om om op heerlike Kaapse somersdae kaalbolyf op die strand te ontspan nie.


Hy sweet ook gereeld in die gimnasium of oefen in die buitelug.


En ja, die man kan ook ’n netjiese pak klere dra.