Nicole Kidman

Nicole Kidman
Foto's: Greatstock/Splashnews en Gallo Images/Getty Images

“Dis regtig ’n moeilike, grinterige rolprent,” sê Nicole (51) van haar rol in die fliek Destroyer. Die aktrise voeg by die donker rol het haar in “ ’n bietjie van ’n nagmerrie” laat ontaard.

Shia LaBeouf

Shia Lebouf
Foto's: Greatstock/Backgrid en Gallo Images/Getty Images

Die akteur het vir sy komende rolprent, Honey Boy, in ’n middeljarige man verander. Dié biografiese fliek, met Shia (32) as medeskrywer, is losweg op sy verhouding met sy pa, Jeffrey, ’n oudsoldaat, gegrond. Shia speel sy pa in die fliek.

Russell Crowe

Russel Crowe
Foto's: AAIFotostock en Gallo Images/Getty Images

Jy sal vergewe word as jy op die stel van Russell se TV-program, The Loudest Voice in the Room, reg by hom verbystap. Die 54- jarige was onherkenbaar met sy volledige kostuum, prostese en grimering aan terwyl hy die gevalle Amerikaanse nuushoof Roger Ailes gespeel het.

Tom Hardy

Tom Hardy
Foto's: Bron studios en Gallo Images/Getty Images

Dit is dalk nie so radikaal soos sy gedaantewisseling vir Venom nie, maar Tom (41) het omtrent ’n verandering vir sy rol as Al Capone in die komende rolprent Fonzo ondergaan. Die biografiese fliek gaan oor Capone se later jare in die tronk toe hy weens sifilis in demensie verval het.

Charlize Theron

Charlize Theron
Foto's: Focus Features en Gallo Images/Getty Images

“Depressie het my taamlik hard in die gesig geslaan,” sê Charlize (43) van die gewig wat sy vir die 2018- rolprent Tully aangesit het. “Ek het baie verwerkte kos en veels te veel suiker geëet. Ek was nie aangename geselskap nie.”

Margot Robbie

Margot Robbie
Foto: Greatstock/Splashnews en Gallo Images/Getty Images

“Ek het eers gesê ek is nie die regte aktrise hiervoor nie. Ek is nie klassiek opgelei nie. Ek is die verkeerde soort aktrise om ’n koningin te speel,” het Margot van haar rol as koningin Elizabeth I in die fliek Mary, Queen of Scots gesê.

Maar die 28-jarige aktrise het die Elisabethaanse tydperk (1558-1603) se voorkoms volmaak reggekry. In dié tyd het vroue hul wenkbroue en die voorkant van hul haarlyn gepluk.

Bronne: ETOnline, Inverse.com, Esquire.com, TheInsider.com, WomanHealthMag.com, SMH.com.au