Die sanger en sy vrou, die voorkomskonsultant Aletté-Johanni, wat in Somerset-Wes in die Wes-Kaap woon, het twee jaar gelede vir die eerste keer hul seuntjies, Reuben (4), Simeon (6) en Lian (8), op vakansie na Mauritius geneem.

Omdat hulle dit soveel geniet het, doen hulle dit toe sommer weer.

Die Wincklers gaan vir 'n week lekker uitspan in M
Die Wincklers gaan vir 'n week lekker uitspan in Mauritius. Foto: Verskaf

Aletté het ’n foto van haar gesin by die lughawe met haar 16 500 Instagram-volgelinge gedeel.

Heinz het ook vroeg vanoggend foto’s gedeel van hul eerste oggend in die “paradys”.

“Ons gaan vir die week by die Shandrani Beachcomber Resort & Spa tuis, wat ongelooflik is,” vertel Aletté aan Huisgenoot.

“Dit is ook baie naby aan die lughawe. Toe ons gisteraand laat land, was dit glad nie ’n lang rit hotel toe nie.”

“Ons hotelkamer is ook basies op die strand, en daarom het die manne vroeg vanoggend gaan swem terwyl ek nog geslaap het,” sê sy.

En wat gaan die Wincklers alles doen?

Aletté-Johanni en Heinz Winckler.
Aletté-Johanni en Heinz Winckler. Foto: Verskaf

“Omdat dit ’n elke-twee-jaar-ervaring is, gaan ons dit melk vir alles wat dit werd is,” lag Aletté.

“Heinz en Lian het reeds vanoggend gaan waterski. Ek kon weens ’n onlangse knieoperasie nie saam nie, maar ons gaan kajak, snorkel, swem, tennis en golf speel.”

Heinz Winckler en sy oudste seuntjie Lian
Heinz Winckler en sy oudste seuntjie Lian. Foto: Verskaf

“As ek en pappa bietjie alleen wil wees, gaan ons die kinders los by die kinderklub waar hulle besig gehou word,” voeg sy by.

Die egpaar sê hulle sal ’n blaaskans in Mauritius ten sterkste aanbeveel.