Die voormalige Boer Soek 'n Vrou-aanbieder se ma, Carien, het op 4 Junie vanjaar haar 60ste verjaardag gevier. Minki (34) het geen geheim daarvan gemaak oor hoe trots sy op haar ma se groot mylpaal is nie.

Sy het die kiekie met haar sowat 105 000 volgelinge op Instagram gedeel en daarby geskryf: "60 lyk so goed op jou!!! Net liefde vir my #mamma". 

Hoe kry Carien dit reg om so te straal? 

Volgens Minki is haar ma ’n baie gelukkige mens en dís haar geheim. "My ma is net ’n lekker, warm, opregte en lojale mens. Die feit dat sy en my pa, Herman, so gelukkig getroud is, het ook ’n groot uitwerking op haar geluk en hoekom sy so pragtig is," vertel Minki aan Huisgenoot. 

Die ma van drie vertel ook dat haar ma van jongs af reeds goeie skoonheids- en veral velsorgwenke met haar gedeel het. 

Dit sluit in om jou gesig soggens en saans te was en om nooit met grimering te gaan slaap nie. Carien het Minki ook geleer om altyd sonbeskerming aan te wend. 

"Sy gebruik goeie velsorgprodukte en het nog altyd," voeg Minki by oor haar ma se velsorgroetine. 

Volgens Minki is dit ook belangrik om gesigbehandelings te kry as dit moontlik is.

School run #momlife #fit #healthylifestyle #stellenbosch #winter #nomakeup

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

"Ek is baie bevoorreg om die ambassadeur vir ’n velsorgreeks te wees en kry gereeld verskeie gesigsbehandelings," vertel Minki. 

Of dit geluk of goeie gene is, een ding is seker: Wat ook al die ma en dogter doen, dit werk beslis!