HEINZ EN ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER

Die sanger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté-Johanni, deel gereeld in die sosiale media die skattigste foto’s van hul eerste dogtertjie, Alannah.

View this post on Instagram

Because #10weeksold ... this beauty is changing my life everyday more and more... #lightuptheworld #babygirl #lifechanger

A post shared by ???????????? ???????? (@alettewinckler) on

Die twee maande oue kleinding spog tot met haar eie Instagramblad.

View this post on Instagram

This was month ago today... O how time has flown!

A post shared by Alannah Elize (@alannah_elize_winckler) on

Alannah se drie boeties, Lian (9), Simeon (7) en Reuben (6), is versot op die jongste toevoeging tot hul gesin en huiwer nie om hand by te sit met hul sussie nie.

DANIËLLA VAN HEERDEN

Die eNuus-aanbieder Daniëlla van Heerden en haar fotograafman, Cornél, is deesdae die trotse ouers van ’n dogtertjie.

Hul eersteling, Simoné Janke van Heerden, het net voor die inperking in werking getree het haar opwagting gemaak.

“Simoné sê dankie vir al die boodskappe en ondersteuning, en hoewel niemand vir haar mag kom kuier nie, hou sy nietemin sommer baie van julle almal (en ook van melk en slaap),” het Daniëlla op Instagram laat hoor.

RIANA NEL

Die sangeres Riana Nel en haar man, Cornel de Beer, het aanvanklik gedink hul derde kind sou ’n dogtertjie wees, maar toe hoor hulle daar is nog ’n seuntjie op pad.

Die paartjie het reeds twee woelwaters, Tristian (4) en Sebastian (2).

View this post on Instagram

Brothers??

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Riana het teen druktyd nog net twee kiekies gedeel van hul jongste seuntjie, wat in Maart gebore is.

View this post on Instagram

Love??

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

En dié ma straal omtrént. By een waar sy haar kleinman vashou en op die wang soen, skryf sy trots: “Liefde.”

CAROLINE-GRACE en HEINRICH BRÜSSOW

Dié sangeres en voormalige deelnemer aan The Voice SA kan nie genoeg kry van haar en haar man, die oud-Springbok Heinrich Brüssow, se eersteling, klein Marcel Werner, nie.

“Selfkwarantyn is glad nie so sleg saam met jou nie!” het Caroline kort voor inperking laat hoor by ’n kiekie van haar en haar drie maande oue bulletjie.

INGRID PAULUS EN DENVER VRAAGOM

Die ooievaar het ook onlangs vir die akteurspaar Denver Vraagom en Ingrid Paulus, oftewel Vanessa in die sepie 7de Laan, ’n bondeltjie vreugde kom aflewer.

Hannah Elizabeth is twee maande oud. Hulle het ook ’n 15-jarige dogter, Skye.

By ’n foto op Instagram waar Hannah haar eie bottel vashou, het Denver geskryf: “Kyk pa, kyk! Nie net het ek die hardste stem en is ek die regerende party in die Vraagom-huishouding nie, ek kan ook my bottel vashou!”

KARLIEN VAN JAARSVELD

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, het op 1 April ’n gesin van ses geword.

“Hy is perfek en gesond,” koer Karlien oor hul seuntjie Johannes Samuel se koms.

Pa Joe, hul dogter, Elah (2), en Karlien se tweeling uit haar vorige huwelik, Daniël en Eliah (6), het ma en seun by die huis se voordeur ingewag met hul tuiskoms.

“Almal is verskriklik opgewonde oor die klein seuntjie waarmee die Here hul gesin geseën het,” vertel Karlien se ma, Ronel Brink.

IVAN BOTHA EN DONNALEE ROBERTS

Die akteurspaar Donnalee Roberts en Ivan Botha het op 4 Maart hul eersteling, Cameron Ivan Botha, verwelkom.

Ivan het onlangs ’n kiekie op Instagram gedeel van klein Cameron by sy ousus, Amélie (10), Ivan se dogter uit sy vorige huwelik met die aktrise Ciske Kruger, en daarby geskryf: “Suster- en broerliefde.”

View this post on Instagram

Enough said... Sister and Brother Love. #lockdown

A post shared by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

QUENTIN KROG

Die akteur en regisseur Quentin Krog en sy jongste dogtertjie, Nina Quinn (3 maande), is alte bedrywig op Instagram.

Hulle maak tydens die inperking gereeld skreeusnaakse video’s wat Quentin op Instagram deel onder “Quin’s Corona Chronicles”.

Quentin en sy vrou, Dominique, het nog ’n dogtertjie, Hannah Louise (5), en ’n seuntjie, John Christopher (4).

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.