Boonop lyk dit asof Ed soveel as moontlik van die land ingeneem het.

Johannesburg

Hy het selfs die Proteakrieketspan se T20-wedstryd teen Sri Lanka by die Wanderers in Johannesburg bygewoon – en dit ná sy energieke optrede in Johannesburg die vorige aand, en nog een wat voorgelê het.

By dié foto sit Ed, wat verantwoordelik is vir treffers soos Shape of You en Perfect, ewe koel en kalm in 'n Proteashemp. Daarby skryf die Britse sangsensasie: "Verskoon die hemp asseblief as jy Engels is, maar ek is meegevoer deur die oomblik, julle verstaan, nè?"

Of dit nou te danke was aan Ed se teenwoordigheid of nie, die Proteas het skoonskip van die T20-reeks gemaak en al drie van die wedstryde gewen.

Hy het selfs die hemp tydens sy tweede optrede in Johannesburg gedra. Die man was beslis meegevoer . . .

View this post on Instagram

Johannesburg Night 2 ! ?? @zakarywalters #dividetour

A post shared by Ed Sheeran (@teddysphotos) on

Op die verhoog het Ed beslis nie sy bewonderaars teleurgestel nie. Die sanger se begeesterde optrede het die biesies laat bewe.

Kaapstad

In die Moederstad het dit ook gekook. En Ed het heerlik foto's van sy ervarings op Instagram gedeel.

View this post on Instagram

Cape Town Night 1 ! ?? @zakarywalters #dividetour

A post shared by Ed Sheeran (@teddysphotos) on


Menige Kapenaar kan met Ed se versugting identifiseer. Al wat hy wou doen, was om 'n boek teen die hange van Tafelberg te sit en lees. Maar toe het een van sy spanlede hom afgeneem.

Ed is duidelik sportmal en sokker is natuurlik hoog op sy lysie. Ed en sy vriende het dus ook tyd ingeruim om die wedstryd tussen Montenegro en Engeland te kyk. Terloops, Engeland het die wedstryd 5-0 gewen.

Aanvanklik is daar geglo Ed ondersteun die sokkerspan van Chelsea, maar eie aan sy karakter is dit glo die kleiner klub van Ipswich, waar hy grootgeword het, vir wie hy graag ondersteun.

"Ek geniet sokker, maar my pa is 'n Chelsea-aanhanger. Ek gaan so nou en dan (na wedstryde) saam met hom," het hy gesê.

View this post on Instagram

Gareth wants a bit of ma pint

A post shared by Ed Sheeran (@teddysphotos) on

Ed het kort voor Kersfees verlede jaar tydens 'n intieme seremonie met sy jeugliefde, Cherry Seaborn (26), getrou. Hulle het in Desember 2017 verloof geraak en volgens Ed was selfs hul katte ingenome met dié stap.

Ed se musiekloopbaan laat duidelik die geld inrol – sommer by die miljoene. Tot op hede het hy na bewering al 'n allemintige £42 miljoen op eiendomme spandeer.

Ed het glo reeds verskeie eiendomme in sy naam: vier huise in Suffolk en sommer 'n hele rits eiendomme in en rondom Londen. En dan ook 'n tapas-kroeg (Galicia) in Londen se gesogte Portobello Road wat hy glo in 'n nagklub omskep het.

Bronne: sport24.co.za, goal.com, mirror.co.uk