En dit lyk of al haar harde werk nie verniet is nie, want dié ma van twee spog met ’n sespak.

elena afrika bredenkamp
Elana is gereed om in September aan die Kaapstad-marathon deel te neem. Foto: Instagram/@elanaafrika

Sy deel gereeld in die sosiale media foto's waar sy tyd in die gimnasium deurbring. En haar aanhangers gons omtrent oor hoe goed sy lyk. 

Elana en haar man, Ian Bredenkamp, ’n agent vir vermaaksterre, het twee dogtertjies, Esther Beth (4) en Annabelle (2). 

Die gesin pendel tussen die Kaap en Johannesburg.

Elana het in Augustus verlede jaar teruggekeer na Jacaranda FM, maar sy en Ian het steeds ’n huis en kantoor in die Kaap, en vlieg gereeld na die Moederstad vir besigheid.

Maar dis nie net van agter haar kleingoed aanhardloop en tyd in die gimnasium dat Elana so goed lyk nie . . .

Elana sal binnekort ook marathonatleet agter haar naam kan skryf.

Sy is in 2018 deur die Olimpiese atleet Elana van Zyl Meyer genader om in September vanjaar die Kaapstad-marathon ten bate van die Run4change Legacy-program aan te pak. 

elana afrika-bredenkamp
Foto: Verskaf

“Ek is opgewonde, en dit is ’n groot eer dat iemand soos Elana die vertroue het dat ek so ’n uitdaging kan aanpak,” sê Elana aan Huisgenoot.  

Haar strawwe oefenprogram het haar ook gehelp om te fokus en ’n kopskuif te maak. 

“Dit het my ’n beter ma en vrou gemaak,” sê sy. 

View this post on Instagram

Merry Christmas! From all of us ??

A post shared by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on

“My oefenprogram en om op die wedloop te fokus gee vir my perspektief. Dit het my ook geleer om tyd vir myself en vir my familie te maak.”

“Almal praat van ’n balans, maar om die waarheid te sê is daar nie ’n balans nie, want jou besige skedule maak dinge nie makliker nie,” voeg sy by. 

Sy sal met haar deelname geld insamel vir die opvoeding en ontwikkeling van jong vroue van die Endurocad-program.