Hoewel die kleinding eers teen 9 Junie sy opwagting moes maak, was Michelle in die kol toe sy voorheen aan Huisgenoot vertel het dat sy dink hy gaan voor sy verwagte datum kom.

Die model en sakevrou het die groot nuus op Instagram gedeel en verklap dat die kleinman Khai Jamal Adams heet.

By ’n foto van haar en Emo met hul jongste skryf sy: “Om 10:07 op Dinsdag 28 Mei het ek my vierde seun in die wêreld verwelkom. Khai Jamal Adams weeg 3, 4 kg. ’n Klein stukkie hemel wat vir my gestuur is om lief te hê.”

“Gewoonlik is ek binne ’n paar dae op en aan die gang, maar die keer is die herstelproses langer. Vandag is dag ses en ek floreer nie soos ek gehoop het nie, maar ek oorleef en is reg daarmee.”

“My liefste Khai, my hart was nog nooit gelukkiger nie. Jy is magical my seun, ek is so opgewonde om die lewe met jou te ervaar.”

View this post on Instagram

And then there were Four ?? This pregnancy has been different to the rest. I had nausea and vomiting up until the day before and experienced loads more discomfort. I should of guessed that delivery would be different than my previous two that mirrored each other perfectly. I was prepared for a long induction procedure, hours spent walking up and down in hospital passages and the random conversations hubby and I find ourselves having while we wait. I entered the doors of the hospital at 8pm on Monday evening to prepare for my induction the following day. I will be honest, a night to rest seemed pretty exciting. Daddy would stay with me till I’m settled then home to the boys for the night. Once settled hubby left and I was ready to get some much needed shut eye, the big day would be tomorrow. I would be meeting my fourth little prince and i couldn’t wait. The contractions couldn’t wait either and within hours I was having contractions and pains like I’ve never experienced before. Just this time was different, No husband to hold my hand , No words of encouragement from the man I love, Just Me, the icy room and the one very sweet nurse on duty. It was in that moment I found strength that’s buried in each Mom. The strength to put the needs of everyone ahead of yourself and continue with whats best for your children. So I held my own hand Prayed by myself Encouraged myself Reminded myself of my strength By 5am I was moved to a bigger delivery room to prepare for the delivery, dad arrived just in time ,he has always been an incredible delivery partner and I couldn’t be more grateful he was with me when they started the epidural. At 10:07 on Tuesday 28 May entered into the world my fourth son. Khai Jamal Adams Weighing 3,4kg A little piece of heaven sent for me to love. Usually within in a few days I’m up and at it however this recovery process has been longer, Today is Day 6 I’m not thriving like I would of hoped but I’m surviving and I’m ok with that. My Darling Khai, My heart has never been happier. You are Magical my Son, I’m so excited to experience life with you. Swipe to see my Favorite photo of dad @emo_adams praying for his Son ??

A post shared by Michelle Gildenhuys Adams (@michellegildenhuys) on

Baie van die paartjie se aanhangers het hulle blydskap oor die goeie nuus gedeel.

“Baie geluk aan jou ongelooflike familie en aan jou vir al jou krag en moed,” het een van haar 18 900 Instagram-volgers laat hoor.

Die paartjie het ’n paar dae voor hul seuntjie se geboorte ’n pragtige swangerskap-fotosessie gedoen.

Emo, nuwe aanbieder van die musiekvasvraprogram Noot vir Noot, en Michelle het alreeds twee seuntjies, Kadar Zayn (3) en Ziah Malik (2). Sy het vroeër gesê dié swangerskap het baie van haar twee vorige swangerskappe verskil.

Sy het erge oggendnaarheid ervaar en meer ongemak verduur.

“Dit is my derde swangerskap , so dinge is baie rustiger, maar dit is die moeilikste swangerskap van die drie omdat ek baie siek was,” het sy gesê.

Volgens Michelle is die boeties baie opgewonde oor die nuwe baba.

"Die seuns is mal oor babas, maar besef ook daar gaan ’n groot verandering in die huis wees met die nuwe baba se koms,” het sy vertel.