Hierdie jaar is dinge egter ’n bietjie anders gedoen. Nadat die topvyf aangekondig is, is twee dames gekroon as Mej. Wêreld Suid-Afrika en Mej. Heelal Suid-Afrika. 

Mej. Wêreld Suid-Afrika is Thulisa Keyi.

En Mej. Suid-Afrika Heelal is Tamaryn Green. 

Daarna moes dié twee wenners elk ’n vraag beantwoord wat bepaal wie as die volgende Mej.Suid-Afrika gekroon sal word. 

En dit is Tamaryn Green van Paarl wat as die groot wenner gekroon is. 

Tamaryn is ’n mediese student in haar finale jaar aan die Universiteit van Kaapstad. 

Vorige Mejj.SA's het ook ’n verskyning gemaak op die verhoog as deel van die 60ste bestaansjaar van die kompetisie. 

Maar dit was nie al makietie van die naweek nie. Van die voormalige wenners het Saterdag byeengekom vir die 60ste bestaansjaar-vieringe van die kompetisier. En kyk net die pragfoto's!

Baie geluk aan die wenner!