Santiago Enrique Bastón is nog net ses weke oud, maar die kleinman is al reeds ’n voorbladster, nes sy ma, Eva. 

Klein Santiago en sy ma, wat bekend is vir haar rolle in TV-reekse soos Desperate Housewives, pryk op die voorblad van die jongste uitgawe van die tydskrif Hola! USA. 

"Hier is hy! Santiago waai hallo vir die hele wêreld,” skryf Eva op Instagram. 

“Ek kon nie wag om dié foto met julle te deel nie,” sê sy en voeg by dat dit ’n “pragtige oomblik saam met (haar) pasgebore seun” is.

Die foto’s vir die tydskrif is by haar huis in Los Angeles geneem. 

In die onderhoud vertel die pragtige aktrise, wat ook al in die regisseurstoel van TV-reekse soos Devious Maids en Black-ish gesit het, hoe haar man, José “Pepe” Bastón (50), hul seuntjie se naam gekies het.

Foto: Gallo Images/Getty Images

Eva en José is in 2016 getroud.

Ekstra bron: People.com