Nicola het die nuus op Instagram aangekondig. “Welkom in die wêreld ons klein mannetjie,” het Nicola by ’n skattige foto waar sy en haar gesin die pasgebore kleinding se hand vashou.

“Woorde kan nie beskryf hoeveel liefde ons alreeds vir jou het nie. Jy het ons volmaak gemaak,” skryf die ma van drie, wat deesdae in New York woon met haar wederhelf, die Amerikaanse sakeman Ben Steiner, en hul twee dogters, Evangeline (9) en Enya (7).

Nicola, wat in 2016 in die fliek Free State te sien was, het ook in haar Instagram-stories by ’n foto waar sy haar seuntjie vashou, geskryf dat sy vir ewig in dié oomblik wil bly. "Vat jou tyd om groot te word my soet seun," het sy bygevoeg.

Sedert die geslag van die baba vroeg in Oktober aangekondig is, het Nicola opgewonde gewag vir die koms van haar eerste seuntjie.

Counting down ... ??#babywatch #bigbump #baby3

A post shared by Nicola Breytenbach Steiner (@nicbrey) on

Nicola het gestraal tydens haar derde swangerskap en dit lyk of die Steiner-gesin ook hul Kersseisoen geniet het.

♥???Christmas Eve ??♥?

A post shared by Nicola Breytenbach Steiner (@nicbrey) on

Baie geluk, julle!