Gelukkig is dit nie as gevolg van 'n skarminkel wat haar bygedam het nie, maar 'n glipsie tydens 'n oefensessie.

By die foto skryf sy: “Natuurlike oogskadu te danke aan Stage Combat Training. Wie het grimering nodig as jy net per ongeluk ’n vuishou in die gesig kan kry?”

Au natural eye shadow, thanks to Stage Combat Training ????‍?????? ?? Who needs makeup when you can just get an accidental punch to the face instead? ???????? #nomakeupselfie #eyewokeuplikethis #EyeBruiseEasily #morepuns

A post shared by Ilse-Lee Van Niekerk (@ilseleevn) on

Ilse het aan Huisgenoot gesê sy is tans besig met ’n weeklange intensiewe Stage Combat-kursus, waar sy opgelei word om veilig op die verhoog of op kamera te baklei sonder om iemand seer te maak. 

Maar Ilse se oefenmaat het bietjie te entoesiasties geraak toe dié twee vuishoue geoefen het, grap sy. 

“So, pleks daarvan dat sy vuis net verby my gesig sou trek en ek moes wegdeins sodat dit lyk asof hy my geslaan het, het hy my régtig geslaan. Shame! Dit was heeltemal per ongeluk en hy het bitter sleg gevoel,” verduidelik sy.

Dit lyk nie of dié blouoog vir Candy, ’n skreeusnaakse aanlyn alterego wat Ilse-Lee vroeër in 2018 in die sosiale media geskep het, sal beïnvloed nie.

“Dit lyk nou heel mooi. Ek gaan vanaand die ander oog grimeer sodat dit lyk soos oogskadu,” grap sy.

?????????????? LIFE UPDAAAAAATE!!! ???????????? ??????????#TheSweetLifeAccordingToCandy ??

A post shared by Candy ?? (@sweetlifeaccordingtocandy) on

Sy deel ook gereeld video's van Candy se lewe op Instagram en dit is skreeusnaaks!

Ilse-Lee wat in April haar 25ste verjaardag sal vier, woon tans in Londen en het in September 2017 opgepak om haar meestersgraad in drama by ’n spogdramaskool by Guildford in Surrey, te verwerf.