Die kaptein van die Afrikaanse musiekbedryf se pragtige donkerkop vrou, Dunay, het Sondag ’n skattige foto van haarself en hul dogter, Kyrah, op haar Instagram-blad gedeel.

Aanhangers het behoorlik gegons oor die Instagram-foto van Dunay as kind (toe 6) en Kyrah (3). Sommige het gou uitgewys dat klein Kyrah uitgeknip haar ma is.

Dit is duidelik die appel val nie ver van die boom nie. Met hul fyn ligbruin hare en dieselfde glimlag lyk die twee byna soos tweelinge, het van Dunay se aanhangers op Instagram laat hoor.

“My tannie het op hierdie foto van my afgekom as 6-jarige (langs Kyrah se foto as 3-jarige). Daar is absoluut geen twyfel dat sy haar pappa se kind is nie, maar sien nou darem ook ietsie van my in haar,” het Dunay Sondag by die pragfoto geskryf.

Dunay het aan een aanhanger vertel Kyrah het haar "pappa se pragtige blou oë". "Ek dink neusie en lippe ook, ag dis maar net so amazing om die foto's van mens se kleintyd te vergelyk met jou kinders," het sy laat hoor.

Die Instagram-inskrywing het in ’n dag se tyd meer as 2 000 trefslae geniet. 

Dunay deel gereeld kiekies van Kyrah en haar jaar oue kleinboet, Kade, in die sosiale media.

Roomys-bekkie ?? Liewer as lief vir jou ons prinses ??????

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

Dankbare hart ????????

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

"Beach babies" ?? (Een hou van foto's en die ander ene nie ????) #campsbay #capetown

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

My gesin ?????????? #thisisus #ourfamily #love

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

???????????????????? My hartklop

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on