Die aktrise Simoné Nortmann het onlangs haar hare in Pretoria laat sny en ’n foto op Instagram geplaas. "Basiese blondine" skryf Simoné by die Instagram-plasing.

Simoné (27) skryf ook haar hare is 'n bietjie korter gesny vir die rolprent Stroomop, wat tans verfilm word.

Sy het ook sedert September laasjaar haar hare heelwat korter gesny, en dit lyk of sy dié korter snit geniet.

Hoewel verskillende rolle maak dat Simoné haar hare moet kleur, lyk dit of sy van die veranderinge tussen die rolle ook geniet. Haar hare was al bruin, rooi en blond.

Sy moes ook onlangs die Kaap vaarwel toeroep ná haar vakansie.

Stroomop word op Vrouedag, 9 Augustus, uitgereik. Hoewel dit Ivan Botha en Donnalee Roberts se derde rolprent is, is dit die eerste keer dat Ivan die regisseur is.