Hy het die blye nuus op Instagram gedeel. 

Ed Sheeran. Foto: Gallo Images/ Getty Images

"Ek het net voor Nuwejaar vir myself ’n verloofde gevind. Ons is baie gelukkig en verlief, en die katte is ook bly," skerts die sanger.

Ed en Cherry Seaborn (24), ’n hokkiespeler het mekaar op hoërskool ontmoet, maar eers in 2015 begin uitgaan. 

Die paartjie was vir ’n geruime tydjie in 2016 in ’n langafstandverhouding, maar Cherry het in dieselfde jaar besluit dis tyd om by haar kêrel in Londen in te trek.

Net aan die einde van 2017 het Ed verklap dat hy met haar wil trou en graag ’n familie wil begin. 

Baie geluk, julle!

Bronne: Instagram, Dailymail, Skynews