KAAIMANSEILANDE

Die Olimpiese swemmer Roland Schoeman en sy meisie, die Amerikaner Adriana Olsen, het die seelewe van die Kaaimanseilande verken. Hulle het nie net van nader met veelkleurige seesterre kennis gemaak nie, maar ook saam met skole pylstertvisse geswem – en boonop een gestreel.

GRIEKELAND

Die Olimpiese swemmer Cameron van der Burgh en Nefeli Valakelis het op 2 Julie in die Griekse hoofstad, Athene, getrou. Hierna het hulle vir ’n paar dae die Griekse eilandlewe van son, see en kuier geniet.

Spending a few days in Paros with friends before we head off for honeymoon tomorrow. @nef_val still has no idea where we off to ??

A post shared by CAMERON VAN DER BURGH OIS (@cameronvdburgh) on

EGIPTE

Die sanger Bobby van Jaarsveld het op ’n boot in Egipte gekerjakker en was veral beïndruk met die wonderwêreld onder die water van die Rooisee. Hy het hom soos ’n regte toeris gedra met ’n besoek aan die land se piramides.

Griekeland

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts het op die Griekse eiland Mikonos die eilandkind in haar ontdek. “Een van die voordele van kinders hê, is dat jy self een kan wees en niemand dink jy is verspot nie,” het sy op Instagram laat hoor.

FOTO'S: INSTAGRAM/@BOBBYVANJAARSVELD, INSTAGRAM/@CINDY_NELL, INSTAGRAM/@ADRIANA.OLSEN, INSTAGRAM/@CAMERONVANDERBURGH