Hulle het omtrent die koppe laat draai in hul stylvolle uitrustings.

Hier is 'n kykie na wie wat gedra het.

Die sanger en The Voice SA-beoordelaar Bobby van Jaarsveld was in twee geskeur oor wat om na die prysaand te dra dat hy sy sowat 180 000 aanhangers op Instagram gevra het om te help kies in watter uitrusting hy die beste sal lyk.

Foto: Instagram, bobbyvanjaarsveld

Die Afrikaanse sanger Charlize Berg, tans swanger met haar eersteling, was een van die sterre wat nie ’n modevoet verkeerd gesit het nie.

Foto: Instagram, Charlizeberg

Die omroeper Sue Pyler het met 'n waaghalsige swart nommertjie op die bloutapyt gespog.

Foto: Instagram, Sue Pyler

Die voormalige 7de Laan-aktrise Simoné Nortmann was pragtig in rooi getooi vir die groot aand. 

Instagram: Simoné Nortmann

Die akteur Altus Theart kon nie op Instagram uitgepraat raak oor hoe mooi sy vrou, die aktrise Zetske van Pletzen, gelyk het nie.

Foto: Instagram, Altustheart

Die Afrikaanse musiekgroep Eon was ook by die glansgeleentheid en het groot pret gehad.

Foto: Instagram, Altustheart

Die aktrise Leandie du Randt Bosch het elegant en stylvol gelyk in pienk. 

Foto: Instagram, Leandiedurandt

Die sangeres Tarryn Lamb, lid van die musiekgroep BlackByrd, het alte mooi gelyk. 

Foto: Instagram, Tarrynlamb

Bobby van Jaarsveld het eindelik sy uitrustingkeuse met sy aanhangers gedeel en glimlaggend 'n foto van hom en sy vrou, Annatjie, op Instagram gedeel.

Foto: Instagram, bobbyvanjaarsveld

Die bekendes het die glansaand geniet. Ons sien daarna uit om te sien wat hulle volgende jaar by die Fiëstas gaan dra.