Heidi Klum en haar nuwe liefde, die Tokio Hotel-kitaarspeler, Tom Kaulitz (28), was die afgelope maande omtrent danig met mekaar.

Die ma van Helene (13), Henry (12), Johan (11) en Lou (8) het onlangs die kinders by die huis gelos vir ’n romantiese wegbreek in Mexiko saam met haar veel jonger kêrel.

Die 44-jarige oudsupermodel het Tom, ook ’n Duitser, met soene oorlaai.

Haar nuwe liefde, die Tokio Hotel-kitaarspeler, Tom Kaulitz (28). Foto: Foto: Great Stock/Splash News

Die twee is vir die eerste keer in Maart saam gewaar op die stel van America’s Got Talent, waarvan sy ’n beoordelaar is.

Bronne: RadarOnline.com, UsWeekly.com, TMZ.com, DailyMail.co.uk, People.com