Arno het al ’n paar keer in die Midde-Ooste opgetree en was nog altyd van plan om sy kinders ook eendag na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te neem.

“Daar is so baie wat hulle kan doen,” vertel hy.

??????

A post shared by lizaniejordaan (@lizaniejordaan) on

Besoeke aan die kinderspeelpark KidZania, die Legoland-pretpark, die Ferrari World-pretpark en die fantasiehotel Atlantis was hoogtepunte. 

“Ons het alles gedoen wat daar is vir ’n kind om te doen, en ook geëet en gespeel waar hulle wou,” sê Arno.

Pa geniet die kinderparadys saam met sy seuns. Foto: Verskaf.

Milan: “Kyk pa! Ek is ’n polisieman.” Foto: Verskaf.

Hy kon darem tyd inruim vir kuier saam met sy vriend die gewese Blou Bul Juandré Kruger.

Juandré draf tans uit vir die Franse rugbyklub Toulon en het ook saam met sy gesin in die VAE vakansie gehou.

#tbt Legoland ?? #dubai

A post shared by lizaniejordaan (@lizaniejordaan) on