Die paartjie, wat al byna vyf jaar getroud is, se liefdesverhaal het in 2009 begin. Op 10 Augustus het ’n nuwe hoofstuk in hul sprokie begin toe hulle vir die eerste keer ouers word.

Dewaldt het in die sosiale media hul seuntjie, Nixon, se geboorte aangekondig. "Hello wêreld," het hy geskryf by ’n kiekie waar hy sy pasgebore seun vashou. "Ek het besluit om by my ma en pa aan te sluit op 10 Augustus 2018 om 07:47. Ek is hul wonderwerkbaba. Jy kan my Nixon noem," skryf Dewaldt by die foto wat hy op Twitter en Instagram gedeel het.

Die geboorte was ’n ongelooflike ervaring, vertel Nické (28). Hul seuntjie het ’n volle 3,1 kg by geboorte geweeg en was 48 cm lank. 

Die kleinding is op 10 Augustus gebore. Foto: Birthphotography by Chenel

“Dit was 'n baie oorweldigende en tranerige oomblik toe ons besef die wonderwerkie is nou ons s’n om lief te hê en na om te sien. Dit het bygevoeg tot die warboel van emosies. Ek het na hom gekyk en besef hoe absoluut perfek hy is en dat ons hom vir die res van ons lewe gaan liefhê,” vertel Nické aan Huisgenoot.

Volgens Dewaldt het dit gevoel asof hy in 'n episode van Grey's Anatomy was. Foto: Birthphotography by Chenel

Dewaldt (30), wat nou in sy eerste seisoen vir die Italiaanse rugbyspan Benetton Treviso uitdraf, het ’n wakende oog oor sy vrou gehou deur die geboorteproses. Hy het aan Nické gesê dit het gevoel of hy die televisiereeks Grey’s Anatomy eerstehands ervaar. 

“Ek het 'n baie goeie ginekoloog, dr. Leon Venter, gehad wat die proses makliker gemaak het. Sy steun het die hele proses ongelooflik gemaak,” sê sy. Die paartjie het ook ’n fotograaf gehuur om elke oomblik af te neem. 

Dewaldt moes sy vrou en babaseuntjie net vyf dae ná die geboorte in Suid-Afrika agterlaat om by sy nuwe rugbyklub in Italië aan te sluit vir sy eerste seisoen daar, maar die paartjie sal di laat werk. “Ek het 'n goeie steunstelsel in my vriende en familie wat die meeste van die tyd aan ons sy is,” vertel Nické.

Baba Nixon het sowat 3.1 kg na geboorte geweeg. Foto: Birthphotography by Chenel

Nické en Dewaldt bel mekaar elke dag deur video-oproepe sodat Dewaldt kan sien hoe sy kleinding groei en ook om sy vrou te steun.  

I have some good news to share... #wifey6monthspregnant

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

Nické se raad aan ander nuwe ma's is om nie baie druk op jouself te plaas nie.  

Can’t wait ?? @nickebellinganduvenage

A post shared by Dewaldt Duvenage (@dewaldtduvenage) on

“Moenie jou leefstyl voor swangerskap verander nie. Hou aan oefen, eet reg en skenk aandag aan jouself. Dit het my ervaring makliker gemaak en help ook om onmiddellik weer my lyf terug te kry,” sê sy.