Francois, wat beter bekend is vir sy hoofrol as Sampie de Klerk in Huisgenoot se 2016-eeufeesfliek, Vir die Voëls, sê hy en sy meisie, Abigail Hutton, is mal oor die buitelewe en reis. 

View this post on Instagram

Thank you Lesotho???? jou lekker ding!! Bring on the summer!! #actorslife #onelifeliveit

A post shared by Francois Jacobs (@francois.jacobs) on

“Ons is albei natural born travellers en hou daarvan om saam te reis,” vertel Francois. 

Die paartjie was onlangs vier dae lank in die AfriSki-bergoord in Lesotho - en het soos kinders op die spierwit sneeuhellings baljaar.

akteur,francois jacobs,lesotho
Die paartjie by AfriSki in Lesotho. Foto: Verskaf

“Ons het lekker geski, gekuier en Lesotho verken,” borrel die akteur oor hul ervaring. 

Hy het later ook foto’s en video’s van hul tyd by AfriSki in die sosiale media gedeel. En dit lyk asof die paartjie nog net so smoorverlief is soos ’n jaar gelede. 

Francois en Abigail hou daarvan om te reis. Foto: Verskaf
francois jacobs,akteur,lesotho
Foto: Verskaf

Francois en sy Booboos (sy liefdesnaam vir Abigail) het mekaar in Junie verlede jaar op ’n gholfdag in sy tuisstad, Mbombela, in Mpumalanga ontmoet. 

Die pragtige brunet werk in die finansiële afdeling van ’n prokureursfirma in die stad. 

Die akteur wou toe ná net ’n paar dae by sy nuwe meisie weet of sy ’n paspoort het. 

Hulle het kort ná hul ontmoeting vir die eerste keer saam vakansie gaan hou en die tropiese eiland Mauritius verken. 

View this post on Instagram

Jamaican me crazy!!???? #onelifeliveit

A post shared by Francois Jacobs (@francois.jacobs) on

“Dit is Abi se eerste stempel in haar paspoort. My paspoortboekie is al vol stempels,” het Francois destyds aan Huisgenoot vertel

“Ons is mal daaroor om te explore. Ons is nie toeriste nie, maar reisigers,” het hy bygevoeg. 

Die paartjie wat gewoonlik saam besluit oor watter lande om te besoek, beplan reeds aan hul volgende avontuur. 

“Volgende op die reisagenda is Mexiko, Kuba en Jamaika," sê Francois. 

“Hoe meer stempels in ons paspoorte, hoe beter. Die lewe is kort,” voeg die akteur by.