Francois (38), ’n beoordelaar in die sangkompetisiereeks The Voice South Africa, het onlangs foto’s van sy jongste tatoes met sy 93 300 Instagram-volgelinge gedeel.

Hulle was versot daarop. 

"Wow, wat ’n legende," het een van sy volgelinge laat hoor oor die tatoe van die koning van ruk-en-rol, Elvis Presley. 

"Ah, goeie keuse, Freddie Mercury is my mees ikoniese kunstenaar van alle tye,” sê nog een oor die hoofsanger van die rockgroep Queen.

View this post on Instagram

MY QUEEN Tattoo by @manuelagray Thank you ??

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

View this post on Instagram

MY KING Tattoo by @manuelagray

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

"Ek het dié twee tatoes onlangs in Kaapstad laat doen by Manuela Gray Tattoos, waar ek in 2005 my eerste tatoe laat doen het,” vertel Francois aan Huisgenoot.

"Ek is groot aanhangers van Elvis en Freddie en beskou hulle as my king en queen," sê hy. 

"Al is ek ’n groter aanhanger van Freddie, is Elvis die koning van rock en roll; ek moes dus ’n tatoe van hom kry," voeg hy by.

View this post on Instagram

#fvcenvriende ??: @henry.engelbrecht

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Volgens Francois oorweeg hy dit ook om tatoes van sy plaaslike helde te kry.

"Ek het onlangs ’n foto van Johannes Kerkorrel, Valiant Swart en Arno Carstens gesien en sal graag ’n tatoe van hulle wil kry," vertel hy.

Die rocker, wat nou met 35 tatoes spog, het sowat ’n maand gelede ’n tatoe van hom en sy vrou, Lauren (35), se eersteling Alex (2), gekry. Klein Alex se gesig is op sy linkerarm aangebring. Hy het met haar geboorte haar naam op sy bors laat tatoeëer.

"’n Goeie vriend van Johannesburg was in Kaapstad en ek het die mees onlangse foto van Alex geneem wat ek gedink het oulik is, en dit laat doen," het hy voorheen aan Huisgenoot vertel. 

"Ek dink dit is belangrik om tatoes te kry van goed wat belangrik is vir jou. My dogtertjie gaan vir die res van haar en my lewe deel wees van my. Nou kan ek haar oral saam met my neem," het hy vertel.

View this post on Instagram

?? @laliewild & #alexlila ??: @andrebadenhorst

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

En as klein Alex ’n tatoe wil hê?

View this post on Instagram

Favourite #diewereldismal #alexlila

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on


"Natuurlik kan sy een kry, net nie nou al nie. As sy 18 is kan sy beslis een kry," sê hy.