Die internet is die plek wat jou antwoorde oor enige kwessie kan bied.

As jou familie of vriende nie weet nie, kan jy binne ’n oogwink by Google, Apple se Siri of Android se Alexa om hulp aanklop.

Nou het Facebook vir jou ’n groot guns gedoen deur ’n app te skep wat ’n vraag waaroor jy seker al lankal wonder, te beantwoord: ‘Hoe gaan ek lyk wanneer ek ouer is?’

Die FaceApp is die begin van die #AgeChallenge waar jy jou toekomstige self kan ontmoet.

Jy kies bloot ’n foto uit jou galery en die app gebruik dan gesigfilters wat min of meer vasstel hoe jy moontlik as ’n ouer persoon gaan lyk.

Jy kan ’n nuwe haarstyl gebruik, ’n baard of plooie byvoeg. 

Duisende mense, sowel as bekendes, het die FaceApp afgelaai en foto’s van hul ouer self geplaas.

En hoewel dit lekker vermaak verskaf, noop dit ’n mens nogals om ’n rukkie lank te stop en na die mooie bekendes te kyk – wat skielik vol plooie is. 

Dan besef jy dat almal van ons tog oud word.

Darem het Suid-Afrikaners ook ’n humorsin en dié bekendes het saam ingespring vir die pret en met hul ouer self gespog.

* Voormalige Mej. Suid Afrika en Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters en haar verloofde, die bofbalspeler Tim Tebow.

Voor


Demi-Leigh het by haar #AgeChallenge foto geskryf: @timtebow, is jy reg vir die volgende 70?

Hierop het hy geantwoord: "Ja!" Hy het boonop op sy eie blad geskry dat Demi-Leigh steeds vir hom beeldskoon lyk.

* Die sanger en The Voice-beoordelaar Francois van Coke

Voor

By sy foto het Francois geskryf: 'Ouch!'

Francois van Coke
Francois van Coke

* Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff

Voor

Gareth het twee ouer weergawes van homself gedeel. Daarby het hy geskryf: 'Ek dink ek moet planne maak vir ’n vroeë graf. Tog, die baard laat my minder walglik lyk. 

*Die akteur De Klerk Oelofse

Voor

Hierby het De Klerk geskryf: 'Oud word, is wreed."

*Die swemmer Chad le Clos en sy modelmeisie, Jeanni Mulder

Voor

By die foto het Chad geskryf: 'Ek wonder wie gaan beter oud word? Beslis nie ek nie!'

View this post on Instagram

Who will age better ????? Def not me ??

A post shared by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

* Die musiekfees Liefde by die Dam het die kunstenaars wat vanjaar by die fees optree op die FaceApp laat pronk. 

Heuwels Fantasties, Coenie de Villiers, Tasché Burger, Tarryn Lamb, Early B, Spoegwolf en Radio Raps lyk almal heelwat anders.