Dit was toe hy Angie Buys, die ma van sy babaseun, vra om met hom te trou.

Hy het haar op 26 Junie met ’n helikopterrit oor Durban bederf. Hulle het tot by die Inanda-­dam gevlieg en toe op ’n rots piekniek gehou. In dié romantiese landskap het Akker haar die jawoord gevra.

En al moet hy gereeld sy teenstanders op die rugbyveld aandurf en voor groot skares speel, het die senuwees op dié dag behoorlik geknaag.

“Ek het nie geweet wat om aan te trek nie en het gestres oor wanneer dit die regte oomblik sou wees,” sê Akker.

Hy het sy geheim so goed gehou, Angie het glad niks vermoed nie.

“Ek was so geskok, ek het nie eens geweet wat om te doen nie, behalwe om ja te sê,” sê sy.

“Ek wou al ’n hele ruk gelede die groot vraag gevra het, maar het dit heeltyd uitgestel. Ek het toe besluit dit moet so gou moontlik gebeur wanneer ek weer by die huis is,” sê hy.
“Ek het nie geweet wat om aan te trek nie en het gestres oor wanneer dit die regte oomblik sou wees,” sê Akker.
Akker met sy seuntjie, Anrich.

Dis nie die eerste opwinding van die jaar nie. Die twee het op 8 Januarie hul eersteling, Anrich, verwelkom. En Akker, wat ’n kranige haker vir die Sharks is, het verlede maand sy debuut in die Groen-en-Goud gemaak.

Al word hy op die rugbyveld as die “angry warthog” beskryf, vertel Angie hy is by die huis “altyd laf en grapperig”.

“Hy het vir seker ’n sagte kant. Ek het dit veral agtergekom toe ek swanger was en natuurlik het hy ’n baie sagte plekkie vir ons seuntjie.”

Wanneer Akker nie rugby speel nie, bring hy soveel tyd moontlik saam met sy gesin deur.

“Elke oomblik saam met hulle is kosbaar en hulle is my inspirasie om elke dag beter te wees.”

Foto’s: Precision Photography – Ballito