Onlangs het hy skrape en kneusplekke opgedoen in ’n bromponieongeluk, maar was binne ’n paar dae weer op die been.

Die 57-jarige ster het egter nog hinkepink geloop toe hy saam met sy vrou, Amal (40), en hul tweeling van Sardinië na die VSA gevlieg het. Op die vliegveld moes hy deur personeellede ondersteun word.

Sy vrou het hul dogter, Ella, gedra, terwyl ’n kinderoppasser ’n ogie op hul seun, Alexander, gehou het.

Die ster van Ocean’s Eleven het op Dinsdag 10 Julie op sy bromponie teen ’n Sar­diniese oupa in ’n Mercedes-Benz vasgery.

Antonelli Viglino (65) het vertel hy was op die punt om links te draai toe George teen hom vasjaag, glo teen 100 km/h. Volgens Antonelli was die son in sy oë en het hy die akteur nie sien aankom nie.

Die inwoner van Sardinië het aan nuus­agentskappe gesê hy was verstom toe George sy valhelm afhaal en hy die ster herken.

Hy het die ongelukstoneel grappenderwys met die silwerdoekheld se beroemde Nespresso-advertensie ver­gelyk, want die akteur het hom aan die brandbestryders en ander mense op die toneel voorgestel deur te sê: “Ek is George.”