“Ek wou Londen nog altyd sien,” vertel Melissa Willering, wat vir Ilse-Lee van Niekerk in Engeland gaan kuier het.

Melissa speel die Bekkers se jongste spruit, Chrissie. Ilse-Lee se karakter, Lorette, het verlede jaar haar vlerke gesprei en is agter ’n kêrel aan Nederland toe, waar sy ook verder studeer.

Die sepie­susters verken die hart van Londen. “Ek was nog nooit in Engeland nie,” vertel Melissa.

In die regte lewe is Ilse-Lee ook na die buiteland om haar meestersgraad in drama by die Guildford-dramaskool in Londen te doen. Getroud met Rugby het onlangs ’n blaaskans geneem, en Melissa het dit as die ideale geleentheid beskou om vir ’n week na Ilse-Lee toe te gaan.