Nicola (40) en haar man, die Amerikaanse sakeman Ben Steiner (40), het in Januarie hul eerste seuntjie in die wêreld verwelkom.

Die ma van drie, wat deesdae in New York woon, sê dit was baie moeilik om die ekstra vetjies af te skud, al sê wie wat. "Veral wanneer jy nie baie slaap inkry nie," vertel Nicola.

Foto: Instagram.
Foto: Instagram.

"Dis ’n aanhoudende proses, maar dit voel baie goed vir my liggaam en gees," vertel sy. 

Nicola deel gereeld foto's van haar eerste seuntjie in die sosiale media.

Sy het nog nie sy naam verklap nie. Die paartjie het ook twee ouer dogters, Evangeline (8) en Enya (6).

Vacation naps are everything ????

A post shared by Nicola Breytenbach Steiner (@nicbrey) on

Nicola was ook nie skaam om tydens haar derde swangerskap lyf te wys nie.