Volgens Maurice is dit die beste gevoel om Amanda (44) eindelik sy vrou te noem. “Sy is my queen,” vertel die akteur aan Huisgenoot. 

maurice carpede,akteur,troue
Maurice sê dit is die beste gevoel om Amanda eindelik sy vrou te kan noem. Foto: Dewald Kirsten

Die troue kom drie maande nadat die paartjie op 4 Augustus vanjaar by die Vrede en Lust-wynlandgoed naby Franschhoek verloof geraak het. 

“Tegnies was ons lankal verloof. Ons het die troue al vir ’n geruime tyd beplan, maar eers ‘amptelik’ in Augustus vanjaar verloof geraak. Ek het net gevoel dit sal nie reg wees om net te trou sonder dat ek op my een knie om haar hand gevra het nie,” sê hy. 

maurice carpede,akteur,troue
“Sy is my queen,” sê die Arendsvlei-akteur.

Die paartjie het hul spesiale dag self beplan met behulp van vriende en familie. “Ons grootste helpers was Luke van Rensburg en Micaela Viljoen. Luke is al vir jare ’n vriend van Amanda,” vertel die voormalige Kwêla-aanbieder. 

maurice carpede,akteur,arendsvlei
Maurice vertolk die rol van Chantel (Menicia Sass) se pa, Ridwaan "Waanie" Matthews, in Arendsvlei. Foto: Penguin Films

Die Arendsvlei-akteur meen die spesiaalste oomblik van hul groot dag was iets wat hy en Amanda nie persoonlik kon beleef nie, maar wat ongelooflik was vir hul 110 gaste. 

“Sy het om ’n dammetjie gestap eerder as af in die paadjie na die kansel. Terselfdertyd het ’n paar eende saam met haar geswem. Volgens ons gaste was dit ongelooflik om te beleef. Ek hoop ons fotograaf kon dit op kamera vasvang,” sê Maurice. 

View this post on Instagram

Would you believe that I changed my hairstyle 10 minutes before walking down the aisle? @kieran.hair_artist did an amazing flexirod set on my hair. The idea was to leave it as is, the bigger the better and wear a flower crown. I realized that my pretty earrings were completely hidden because big hair actually really doesn't care about pretty earrings. Mom, my sister and my right hand girl and professional wedding dress fluffer @samijane0509 found a few bobby-pins to slide into the sides. Baby's breath was added to one side and my veil was added. Kieran did an amazing job on my curls and of course @beautybyyshanonline did my face-beat once again. I wanted a massive bouquet with proteas and my aunt made my dream come true by creating this masterpiece. She wrapped my bouquet in white ribbon and some lace that belonged to my grandma. I literally had my gran with me at my wedding. I'll share more about our wedding with you soon ? ?? @nadiasam09 #carpedewedding #naturalhairbride #curlygirl #curlspiration #southafricannaturals #naturalhairsistas #amazingnaturalhair #3chair #secretcurlsociety #browngirlblogger #blackgirlbloggers #capetownblogger #melaninbloggers #21ninety #southafricanblogger #southafricanstyle #beautybloggerlife #naturalhairdreams #discoverunder10k #thesehappysquares #40plusbride #reallifeandstyle #blogandbeyond #urbanhairpost #naturalhairloves #unconditionedroots #proudafrican #40plusblogger

A post shared by Amanda Carpede (@capetowncurly) on

Hy het later ook foto’s van hul groot dag met sy Instagram-volgelinge gedeel. “Sy het verlede Saterdag weer my hart gesteel. Ek is baie lief vir jou, mevrou Carpede,” lui die inskrywing. 

In dié stadium beplan die paartjie nie ’n wittebrood nie. “Ons dogter, Caitlin (17), is besig met eksamen, so ons bly liewers tuis. Ons albei is alreeds terug by die werk, so die wittebrood sal tot volgende jaar moet wag,” skerts hy. 


Baie geluk, julle!