Die troue kom ’n jaar nadat die voormalige Protea-held sy verlowing aan Romy Lanfranchi aangekondig het. 

Graeme (38) het vandeesweek op Instagram laat val hulle trou Saterdag, dieselfde dag wat die Springbokke Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd in Jokohama in Japan pak – en eindelik met ’n stewige telling van 32 – 12 gewen het.

Graeme het al vroeg Saterdag al duidelik gemaak die Bokke is beslis deel van hul vreugde op hul sprokiesdag.

View this post on Instagram

Wedding gonna be festive tonight #gobokke #springboks #worldchamps

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

’n Kykie van die egpaar se groot dag is op John the Wedding Guy se Facebook-blad gedeel en hulle het pragtig gelyk.

Romy, 'n prokureur, het sowat ’n week gelede haar kombuistee gevier. By foto's van die geleentheid, wat sy op Instagram gedeel het, kon sy nie genoeg die vroue in haar lewe bedank en almal wat bygedra het tot die geleentheid nie.

Romy het in 2016 aan Huisgenoot gesê sy was uitgeboul toe sy Graeme die eerste keer ontmoet het, veral omdat hy so plat op die aarde is. Gemeenskaplike vriende het hulle aan mekaar voorgestel. “Hy is ’n standvastige mens. Ons het dieselfde waardes en belangstellings,” het Romy toe vertel.

View this post on Instagram

Let the pre-wedding celebrations begin ??

A post shared by Romy Lanfranchi (@stansfield1) on

Graeme en Romy is sedert 2016 in ’n verhouding en het ’n tweejarige seuntjie, Sebastien, saam. Die paartjie het albei twee kinders uit vorige huwelike. Romy het twee jong seuns by haar oorlede man, Michel Lanfranchi.

Graeme se eksvrou, die Ierse popsangeres Morgan Deane, is die ma van sy ander twee kinders, Cadence (7) en Carter (6).Graeme het in Maart 2017 ná ’n huwelik van byna ses jaar amptelik van Morgan geskei.