Hy was vroeër vandeesmaand daar vir die jaarlikse Montreux-komediefees.

“Hier is wat ek tot dusver van Switserland weet: kaas, Heidi, berge, baie wit mense, moet hulle nie Swede noem nie (hulle hou nie daarvan nie.”

Terwyl hy daar was het hy ook sy lyf toeris gehou en verskeie interessante plekke besoek.

Hy het 'n foto by die standbeeld van die legendariese Freddie Mercury geneem. Die wyle voorbok van die groep Queen het hier in Montreux gewoon.

“Die man van wie die standbeeld is, was in een van die beste rockbands van alle tye en het Bohemian Rhapsody in massiewe venues wêreldwyd gesing.

“Die man wat sy been vashou het Bohemian Rhapsody as 'n tenoor vir die Hoërskool Jeugland se koor in skoolsale reg oor Suid-Afrika gesing.
“Jy kan amper sê ons is op die selfde lewenspad.

“Behalwe hy het in Montreux gesterf. Ek wil asseblief in Kempton Park doodgaan.

“Sit my standbeeld langs die hospies by die Pick n Pay,” het hy skertsend geskryf.

Hy het ook in die sneeu baljaar en met 'n vierpotige vriende gemaak.

I might just elope to Switzerland with this bitch.

A post shared by Schalk Bezuidenhout (@schalkiebez) on