Prins Harry en Meghan Markle het hul Afrika-toer afgeskop deur hul eerste dag in een van Suid-Afrika se bekendste townships deur te bring – sonder baba Archie.

Die paartjie is ontvang deur verteenwoordigers van die nieregeringsorganisasie Justice Desk.

Meghan het beeldskoon in ’n rok met swart-en-wit motief gelyk en het hande vasgehou met prins Harry, wat ’n wit hemp en formele swart broek gedra het.

Die vier maande oue Archie was nêrens te sien nie. Sy oppasser het glo na hom omgesien omdat hy ’n “spesiale passassier” is, berig Daily Mail.

Die koninklikes het besoek by die NRO, ’n menseregtegroep wat plaaslike jong meisies help met selfverdediging, selfbewustheid en veiligheid, afgelê. Die groep word ook deur die koningin se Statebondtrust ondersteun, waarvan Harry die voorsitter en Meghan adjunkvoorsitter is.

Harry se laaste besoek aan Kaapstad het in 2012 plaasgevind.

Kyk hier na die hartlike verwelkoming wat die gewilde koninklikes met hul aankoms ontvang het.