Monaco  is op 19 November omskep in ’n see van rooi en wit. Mense het in hordes bymekaargekom om hul na­sionale dag, wat ook as La Fête du Prince (Die Prins se Fees) bekendstaan, te vier en hulde aan die prinslike familie te bring. Prinses Charlene was die middelpunt van die feesvierings – met Albert en die tweeling aan haar sy.

Militêre parade

Foto: Misha Jordaan
Die dag het begin met ’n militêre vertoning waaraan troepe van Monaco en Amerika deelgeneem het. Prins Albert het sy militêre regalia gedra vir dié geleentheid saam met Charlene – beeldskoon in ’n wit pak deur die Switserse modehuis Akris – en sy twee susters, prinses Caroline en prinses Stéphanie. Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

Kerkdiens

Die familie het later die oggend die tradisionele Te Deum-diens in die Monaco-katedraal bygewoon. Foto: Misha Jordaan
(Van links) Marie Chevallier en haar man, Louis Ducruet (prinses Stéphanie se seun), Beatrice Borromeo en haar man, Pierre Casiraghi (prinses Caroline se jongste seun), en prinses ­Alexandra van Hannover (prinses Caroline se jongste dogter) was almal by die geleentheid. Foto: Misha Jordaan
Andrea Casiraghi (prinses Caroline se oudste seun) vergesel sy vrou, Tatiana Santo Domingo. Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

Die opera

Foto: Misha Jordaan
Die dag is afgesluit met ’n glansryke gala-­operageleentheid waar Charlene en Albert tradisionele koninklike lyfbande gedra het. ’n Manjifieke vuurwerkvertoning op die maat van “Amazing Grace” is oor die baai uitgevoer as ’n huldeblyk aan Albert se wyle ma, die ikoniese Hollywood-ster Grace Kelly. Dis vanjaar die 19de herdenking van die rolprentlegende se dood, maar sy word steeds onthou en is geliefd onder plaaslike inwoners wat oor die hele prinsdom foto’s van haar laat pryk. Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Huisgenoot se Misha Jordaan (links) en Nici de Wet was vir die geleent­heid opgetof in Lauren R Cou­ture, ’n Kaapse ontwerper. Foto: Misha Jordaan

Op die balkon

Foto: Misha Jordaan
Die hoogtepunt van die dag was toe die glansryke Grimaldi-gesin by die paleis byeengekom het om die skare te groet. En klein prinses Gabriella was die een wat die kollig gesteel het. Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Jy kon die vyfjarige met haar oulike rooi baret nie miskyk toe sy by die venster uithang, haar vlag ywerig waai en “Hallo, almal!” skree nie. Haar broer het nie so geesdriftig deelgeneem nie – op ’n kol het die geraas van die parade-orkeste en skare te veel geraak vir prins Jacques, wat sy hande oor sy ore geplaas het. Sy ma is ook gewaar waar sy sy neusie blaas; hy het dus dalk nie lekker gevoel nie. Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

Nog mooi oomblikke

Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan