Wanneer het jy begin TikTok-video’s maak?

Ek doen al sewe jaar lank sosiale media, en toe TikTok uitkom, was dit my shot om meer mense te kry om my video’s te kyk.

Dis die beste gevoel om te weet dat ek ’n snaakse video kan maak waarop ek trots is en dat ek mense se dag kan maak met my video’s.

Watter inhoud is op jou TikTok-profiel, @johnmarcvanwyk3?

Komedie, remakes en gospel-boodskappe.

Hoe het TikTok jou lewe verander?

Dit het my help besef dat ek ’n loopbaan kan maak uit dit waarvoor ek lief is. Ek kan inhoud maak en ’n klein bietjie vreugde aan iemand bring wat my video’s sien.

Vir my gaan dit nie oor hoeveel followers ek het nie. My fokus is my volgende video en of dit goed genoeg is om iemand te laat glimlag.

Sy gewildste TikToks

Die mees gekykte video

In my video wat die meeste gekyk is, is ek in die swembad met tatoes wat ek op my geteken het en ek sit net en handbewegings maak.

Dis 49,8 miljoen keer gekyk en het 6,7 miljoen likes. 

Die video met die meeste likes

My video wat die meeste likes gekry het, is een wat my 10 minute gevat het om te skiet.

Ek het gesit en die lyn-effek op TikTok gebruik en sou dit eers nie op TikTok laai nie, want ek het nie moeite ingesit nie.

Maar ek het dit gedeel, en nou is dit al 44 miljoen keer gekyk en het 7,5 miljoen likes.

Wie is jou gunsteling-TikTokkers?

@mrbeast, @jordan.french, @leigh_mcnasty en @dimpey6.

Hoe gereeld is jy op TikTok?

Ek is tussen een en vier uur op ’n slag op TikTok. Maar dit vat my ’n dag om die inhoud te maak.

Ek begin gewoonlik so tienuur die oggend en werk tot agtuur die aand om idees uit te dink, beplanning te doen, te skiet en te edit.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Dis eintlik ’n voltydse werk. As ek nie op TikTok is nie, hang ek uit saam met my vriende en doen fun aktiwiteite.

Maar as ek die dag lui is, sal ek scriptures lees en ’n bietjie Netflix of YouTube.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.