En toe kom verras die ooievaar hulle net ’n jaar later met ’n babaseun. Die tyd het gevlieg, want die paartjie se kleinding het reeds Sondag (6 Januarie) sy tweede verjaardag gevier.

Hulle het die spesiale dag op die strand in Hartenbos deurgebring waar hy omring was deur sy naaste mense – van sy oumas en oupas tot sy versorger, Maria Dlamini.

Rolene gee haar kleinding 'n groot soen op sy twee
Rolene gee haar kleinding 'n groot soen op sy tweede verjaarsdag.

“Ons het kolwyntjies en sambrele uitgepak en die dag op die strand deurgebring,” vertel Rolene. “Dis sy gunstelingplek.”

Die kleinding saam met sy oupa en ouma, Hennie en
Die kleinding saam met sy oupa en ouma, Hennie en Theresa Strauss,
Die kleinding geniet 'n liefdevolle oomblik saam m
Die kleinding geniet 'n liefdevolle oomblik saam met oupa en ouma, Charel en Amelia Strauss.

Dit was ook ’n besige dag, want hul vrolike woelwater ken nie van stilsit nie – net van rondhardloop en baie speel. 

Die klein woelwater saam met sy versorger Maria Dl
Die klein woelwater saam met sy versorger Maria Dlamini.

Hartenbos is ook vir D'niel en Rolene 'n spesiale plek, want dis hier waar die paartjie in 2011 ontmoet het en in 2014 verloof geraak het.

Rolene se wens is dat hul seuntjie sy ideale sal nastreef.

“Ek wens dat hy naïef sal bly, nie te naïef nie, maar genoeg om te glo dat hy altyd sy drome en volle potensiaal kan bereik. Ek wens hy sal wys wees en die regte besluite neem. 

“Ek sê altyd vir D’niel hoe ek bid dat hy die leier sal wees wat dinge in ’n positiewe rigting dryf. Soos wat seuns ouer raak, is dit dikwels maklik om groepsdruk te ervaar. Ek hoop dat hy die een sal wees wat die groepsdruk sal lei, maar op ’n positiewe manier – vir ’n goeie doel,” sê die mooie mamma wat net verlede maand haar album, Secrets to My Growth, vol lewenslesse, praktiese wenke en motiveringsboodskappe uitgereik het.

D’niel voeg by dis vir hom belangrik om vir hul seuntjie die ruimte te skep om ’n kind te wees.

“Die tyd gaan so vinnig verby. Ouers plaas dikwels vroeg druk op ’n kind en ek het myself belowe dat ek dit nie wil doen nie. Hy moet self groei en toegelaat word om sy potensiaal en eie persoonlikheid te ontwikkel."

Rolene het ook op sy verjaardag ’n foto van haar gedeel wat in 2017 op hul kleinding se geboortedag geneem is. 

“Die foto is presies twee jaar gelede geneem,” skryf sy by die foto waar sy op ’n oefenbal sit.

“Min het ek geweet hoe pynlik, maar ook vreugdevol, dit sou wees. Ek onthou nog daardie aand. Die familie was reeds weg en ewe skielik was dit net die twee van ons. Ek het met absolute dankbaarheid na jou gekyk.

"Gevoelens van verantwoordelikheid het my verswelg en steeds kan ek nie glo dat God my gekies het om jou ma te wees nie. Twee jaar het verbygevlieg en ek is dankbaar vir elke liewe dag," lui die spesiale boodskap verder.

"Gelukkige tweede verjaardag, my liefde.”