Die vrou, wat in Bulawayo in Zimbabwe gebore is, het nie net haar eie juwelierswarereeks, AYA, wat sy in 2016 bekendgestel het nie; sy deel ook gereeld foto’s in die sosiale media waar sy en haar vriende die wêreld vol reis.

View this post on Instagram

??????????

A post shared by chelsydavy (@chelsydavy) on

View this post on Instagram

??????

A post shared by chelsydavy (@chelsydavy) on

Van Mauritius tot Italië en Kaapstad. Chelsy rits omtrent die aardbol plat. Dis juis hier in die Moederstad waar sy, terwyl sy nog met die rooikopprins Harry uitgegaan het, in 2006 aan die Universiteit van Kaapstad ’n graad in ekonomie behaal het.

In Januarie vanjaar het sy ’n foto op Instagram gedeel van haar saam met vriendinne in Dallas, Amerika. Onder die groep was Hanneli Rupert, dogter van die sakemagnaat Johann Rupert, voorsitter van die beleggingsmaatskappy Remgro.

View this post on Instagram

Thank you Dallas... what a gem ??????

A post shared by chelsydavy (@chelsydavy) on

Chelsy het ook al foto's saam met Hanneli se suster, Caroline, in die sosiale media gedeel en het verlede jaar hul broer, Anton, se 30ste verjaardagmakietie in Franschhoek bygewoon. 

View this post on Instagram

These guys... @millibennett @antonrupert ??????

A post shared by chelsydavy (@chelsydavy) on

Chelsy is duidelik geheg aan haar gesin. Sy deel graag foto’s van haar broer, Shaun, en haar ouers, Charles en Beverley.

Haar pa is ’n miljoenêr-wildplaaseienaar en haar ma was ’n model wat in 1973 die Mej. Rhodesië kroon gedra het.

Die twee woon steeds in Zimbabwe.

View this post on Instagram

Happy 60th my beautiful mamma @bemdavy ????

A post shared by chelsydavy (@chelsydavy) on

Die blondekop was van 2004 die vrou in prins Harry se lewe nadat hulle mekaar tydens sy brugjaar in Kaapstad ontmoet het, berig The Sun.

Nadat die paartjie sewe jaar lank ’n aan-af-verhouding gehad het, het hulle eindelik in 2011 die verhouding verbreek.

Chelsy het later vertel sy kon nie die druk van ’n verhouding met ’n koninklike hanteer nie.

"Dit was intens, skrikwekkend en ongemaklik. Ek het dit moeilik gevind as dit sleg gegaan het. Ek kon dit nie hanteer nie. Ek was jonk. Ek het probeer om ’n normale kind te wees en dit was aaklig," het sy al vertel.

Sy en prins Harry het goeie vriende gebly. Chelsy en Cressida Bonas (29), met wie Harry ná Chelsy uitgegaan het, was selfs onder die gaste toe hy en die voormalige Suits-aktrise Meghan in Mei 2018 afhaak.

Sy is ook goeie vriende met Harry se niggie prinses Eugenie (28) en was in Oktober ook op haar troue. Harry en Meghan was ook onder die gaste. 

Bronne: Mirror, People, The Sun