Susan, wat onlangs ’n toespraak by ’n veldtog van die Demokratiese presidentskandidaat Bernie Sanders moes lewer, het ’n foto van haar gesigbeserings op Instagram gedeel en daarby verduidelik hoekom sy dié belangrike geleentheid moes misloop. 

In die twee foto’s wat Susan Vrydag met haar 1,3 miljoen Instagram-volgelinge gedeel het, het sy vertel sy het haarself pimpel en pers geval. In een van die foto’s is daar ’n groot knop aan haar voorkop en in die ander ’n blou kring om haar oog. By dié foto’s skryf sy: " ’n Klein val = harsingskudding, gebreekte neus, seer knie . . ." 

View this post on Instagram

A little slip = concussion, fractured nose, banged up knee. So, looks like I won’t be able to meet the folks in New Hampshire with Senator Sanders tomorrow. I’m really sorry I’ll miss that opportunity but here’s what I’d hoped to say: This is an emergency. Ask the scientists, the farmers, the creatures in the sea. Ask all those who have lost their homes from hurricanes, flood and fire, ask the endless stream of climate refugees, and the people of Flint, San Juan, and Standing Rock. This is a emergency. Ask the mothers who have lost their children to the opioid epidemic or because of the price of insulin. Ask the mothers who have lost their kids to gun violence in schools, in churches, in their bedrooms. This is an emergency. Ask those separated from their families at the border, or those separated from their loved ones by an unjust, racist, for-profit prison system. This is an emergency when our young people have no hope for education, for dream-making, because of insurmountable student debt. When teachers are forced to have additional jobs and when 40 hours of honest labor can still leave you in poverty. When homophobia, Islamaphobia, transphobia and racism take lives, that is an emergency. This is not the time for a “pathway” to or “framework” for incremental change. Emergencies require bold, visionary leadership. Senator Sanders believes in us and that together a better world is possible. He has been fighting for social, racial and economic justice his entire life, long before running for President, often before it was acceptable. Now it’s time for us to fight for him.

A post shared by Susan Sarandon (@susansarandon) on

Die rooikop-aktrise het Dinsdag weer ’n foto in die sosiale media gedeel en die blouoog lyk aansienlik erger, maar dit lyk wel of die knop aan haar voorkop gesak het.

Susan, wat lyk of sy ten spyte van dié voorval optimisties is, het nie verdere besonderhede verklap oor hoe en waar sy geval het nie, maar haar oog lyk steeds pynlik. 

Die aktrise, wat in Oktober haar 73ste verjaardag gevier het, deel gereeld foto’s van haarself in die sosiale media en sy straal behoorlik.

Maar hoe doen sy dit? 

Die ma van drie het aan die modebybel Vogue van haar geheime verklap om so immergroen te bly. “Om nie te rook nie is baie belangrik. Ek dink om gehidreer te bly is ook belangrik,” sê dié aktrise.

Susan onthul verder dat sy nie juis ’n drinker is nie. “Ek dink ’n bietjie wyn in matigheid is seker goed, maar as jy baie drink, kan dit dalk nie so goed wees nie.” 

Haar finale antwoord is goeie gene, wat volgens Susan aan haar ma, Leonora Criscione, te danke is. 

View this post on Instagram

Mid-80s. #TBT

A post shared by Susan Sarandon (@susansarandon) on

Bronne: News.com.au, Vogue, Daily Mail, Instagram