“Soms hoef jy nie regoor die wêreld te soek vir inspirasie nie,” skryf Wayde by ’n Instagram-foto van sy vrou, Chesney. “Ek bewonder jou vermoë om lief te hê. Jou vriendelike hart. Jou ambisie," koer hy.

Wayde het aan die einde van Oktober 2017 met sy liefling Chesney afgehaak. Die paartjie het onlangs hul gesinnetjie uitgebrei – en dit met ’n derde hondekind! 

New member to the family. Honey ??????

A post shared by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on

Die paartjie het die klein bulhond Honey gedoop. Hulle het ook nog twee honde, Bailey en July. 

"Ons het nou drie babas," het Chesney op Instagram laat hoor. "’n Baie liefdevolle seun wat soos ’n baba is. ’n Slim, nuuskierige, sterk meisie. Al wat ons nodig gehad het was ’n klein liefling." 

Wayde kan nie genoeg kry van die jongste toevoeging tot hul gesin nie. Sy Instagram-stories wemel van foto's van Honey. Praat van ’n trotse hondepa!

Foto: Instagram.
Foto: Instagram.
Foto: Instagram.