Die 34-jarige pa van drie, sy kroos en hul hond het lekker saam gedans, en dit lyk asof hulle sommer hope pret gehad het. Chris het die oulike video met sy meer as 18 mljoen aanhangers op Instagram gedeel. 

In die video speel Miley Cyrus (25), wat in ’n verhouding met Chris se jonger broer, die Hunger Games-akteur Liam Hemsworth (28) is, se liedjie Wrecking Ball in die agtergrond.

Aan die begin van die video is sy rug na die kamera gedraai en hy maak dan ’n danspassie. Die volgende oomblik bars die hele spulletjie met hul danspassies uit. 

“Wat as ’n baanbreker-musiekvideo begin het, het in ’n barbaarse aanval deur ’n lafhartige hond ontaard. Moet nooit met kinders of diere werk nie," het Chris grappenderwys by die video geskryf. Hy en sy vrou, die aktrise Elsa Pataky (41), het drie kinder – ’n vyfjarige dogter, India Rose, en vierjarige tweelingseuns, Sasha en Tristan. 

What started as a ground breaking music video ended in a savage attack by a cowardly K9. Never work with Kids or Animals. #wreckingball #wreckingdog #daddydaycare #murderonthedancefloor @mileycyrus @liamhemsworth

A post shared by Chris Hemsworth (@chrishemsworth) on

Die video is in slegs ses uur byna vyf miljoen keer op Instagram gekyk!

Elsa Pataky vertel gereeld in die sosiale media watter wonderlike pa Chris vir hul kinders is. 

These two....????!! #bestpapaever @chrishemsworth

A post shared by Elsa Pataky (@elsapatakyconfidential) on

Die gesin geniet ook gereeld saam vakansies en uitstappies, maar moenie dink hulle span altyd net uit in vyfsterhotelle nie! Die Hemsworth het vroeër vanjaar by die see in Australië gekampeer. 

Camping adventures in @australia killing on the bbq!!

A post shared by Chris Hemsworth (@chrishemsworth) on

Chris en sy kleingoed het saam tou gespring en branderplank gery. 

Vir dié hartebreker kom sy gesin beslis altyd eerste.

Bron: Eonline!