In die derde seisoen van die kykNET-program Tyd met Aleit wys die geleentheidsbeplanner Aleit Swanepoel hoe ’n mens van enige kuier iets besonders kan maak.

Hy besoek die huise van onder andere die sanger Brendan Peyper, die Fynskrif-aktrise Kim Cloete en die voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts.

Brendan ­Peyper saam met sy Jack Russell, ­Trompie. Foto: Verskaf.

Aleit sê hy het met sy kuiers besef dat bekendes net doodgewone mense is.

“Ons almal het maar daardie deurmekaar laai in die kombuis waar al die rekenings en pille en goed ingeprop word.”

Hulle het ’n informele braaitafel gedek met pette vol snoepgoed en grassade in bierbottels. Foto: Verskaf.

Die nuwe seisoen sluit ook ’n segment in waar hy wenke gee vir temapartytjies soos ’n moderne sjampanjeontbyt, ’n hondepartytjie, ’n henneparty en bon voyage-opskop.

Aleit en Brendan om die vuur op die sanger se plasie naby Pretoria. Foto: Verskaf.