Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Afrikaanse nooi van Sedgefield in die Wes-Kaap het op haar Instagram-blad kiekies van haar tyd hier met haar 1,4 miljoen volgelinge gedeel.

Demi-Leigh (23), wat sedert Januarie aan die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow (31) verloof is, het vroeër vandeesmaand op Instagram ’n kiekie van haar in ’n stylvolle pienk pak deur die plaaslike ontwerper Gert-Johan Coetzee gedeel waarin sy te sien was by die Forbes Leading Women Summit in Durban. Die internasionale supermodel Naomi Campbell (48) was ook een van die sprekers op die geleentheid.

Demi-Leigh het later ook die koppe laat draai in ’n Galluzi e Gini-skepping vir die Forbes Women Africa Awards.

Die skoonheid het ook in die Kaap ’n draai gemaak. Demi-Leigh het ’n kiekie van haar in die pragmooi vleeskleurige Anel Botha-skepping gedeel waarin sy in 2017 in Las Vegas as Mej. Heelal gekroon is.

Die rok is geïnspireer deur konstellasies wat deur 50 000 Swarovski-kristalle voorgestel is wat met die hand aangewerk is. Agt persone het 168 ure gewerk om die skepping te voltooi waarmee Demi-Leigh destyds op die loopplank gepryk het.

Tydens haar tyd in die Moederstad het sy ook op Clifton-strand uitgespan.

En wat is ’n besoek aan haar geboorteland sonder ’n koppie rooibos-cappuccino?

Demi-Leigh het ook die prentjiemooi uitsigte in die Moederstad geniet en die meeste van die sonskynweer gemaak tydens haar tyd hier.

View this post on Instagram

????????

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on

View this post on Instagram

Lunch with a view ???? ?? ??

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on

Sy't ook op op die Stellenbosse wynlandgoed Lanzerac uitgespan.

Demi-Leigh noem deesdae New York haar tuiste. "Dis ’n baie lekker stad. Alles wat jy nodig het is altyd binne ’n blok-radius van jou af," het sy onlangs aan Sarie vertel. 

Tim, wat sy in April verlede jaar ontmoet het, woon ook daar. Dié is net so bedrywig soos sy verloofde. Hy is deesdae ook die aanbieder van die fiksheidskompetisie-televisiereeks Million Dollar Mile.

En hy hou ook sy lyf rolprentmaker. Die drama Run the Race, die eerste fliek wat hy vervaardig het, het ook onlangs in Amerika in rolprentteaters begin draai. Hy het die fliek saam met sy ouer broer, Robby, vervaardig.

Tim het ook ’n draai op die Amerikaanse komediant Jimmy Fallon se kletsprogram gemaak om die fliek te bemark. En Demi-Leigh was natuurlik daar om hom te ondersteun.

Tim het ook tydens die insetsel aan Jimmy vertel hoe hy Demi-Leigh die jawoord gevra het.

"Ek is uiters dankbaar vir hierdie pragtige verhouding en so opgewonde om ons toekoms saam te beplan," het Demi-Leigh aan Sarie vertel. "My droomtroue is om omring te wees deur almal vir wie ons lief is en wat vir ons lief is. Samesyn, dis die belangrikste."

Bronne: SarieRooi Rose, Forbes, Channel24