Maar bo en behalwe die groot verwagtinge vanaf die Suid-Afrikaanse publiek, is dit gerusstellend om te sien dat die manne in Groen-en-Goud nie onder die druk swyg nie, want as die Bokke van die veld af is, kerjakker hulle behoorlik. 

En niemand skeer die gek lekkerder nie as “oom” Schalk Brits, wat op 38 die oudste lid van die toergroep is. 

Die haker, wat ook in die Wêreldbeker in twee wedstryde as kaptein uitgedraf het, geniet die ligte oomblikke tydens die toernooi in Japan. 

Tydens ’n gimsessie het Schalk ’n video gemaak waar hy en spanmaat Elton Jantjies die gek skeer met die oud-Bok Jean de Villiers se “klein” kuite en spot dat voormalige spelers nie meer hul bene oefen nadat hulle aftree nie. 

View this post on Instagram

A post shared by schalkbrits (@schalkbrits) on

Schalk het ook meer onlangs ’n foto van hom in die kuberruim gedeel waar hy op ’n grappende wyse sy spiere bult. Sy spanmaat Malcolm Marx het skertsend op die kiekie reageer en Schalk gespot “sweet nips", waarop Schalk laat hoor het: “Sien jou maat”.

En ná ’n tawwe stryd op die oefenveld tydens hul sege oor Japan in die kwarteindstryd het die senter Damian de Allende ’n foto op Instagram gedeel waar hy en die losskakel Handré Pollard lekker in ’n ysbad ontspan.

View this post on Instagram

Hard earned R&R ??

A post shared by Damian De Allende (@damiandeallende) on

Die kragtige agsteman Duane Vermeulen het ook sy sin vir humor in die kuberruim gewys. 

Hy het ’n kiekie gedeel van hom met sy spanmaats Kwagga Smith en Thomas du Toit aan weerskante van hom. By die kiekie spot hy dat dit die drie fases van die groei van ’n baard uitbeeld. “Goed, beter [en] Thomas du Toit,” spot hy. 

Die manne se baarde dra boonop die sanger Jo Black, die koning van baarde, se goedkeuring weg. “Julle maak my trots,” skryf Jo by dié foto. 

Die Springbokke ding Sondag 27 Oktober om 11:00 in ’n halfeindstryd-wedstryd mee teen Wallis in die hoop om vir die eindstryd te kwalifiseer.

Dit is die tweede agtereenvolgende keer dat die twee lande mekaar in die uitkloprondes ontmoet. Die vorige keer kon die Bokke hulle klop. Hopelik kan hulle dié keer dieselfde doen.

Hier is n terugflits van die drieë wat die Bokke destyds gedruk het. 

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.