Terwyl Antonio onlangs in Madrid die dramareeks Genius: Picasso bemark het, waarin hy die hoofrol vertolk, het sy nuwe voorkoms die wenkbroue laat lig.

Wel, almal s’n behalwe syne.

Antonio het nie net sy kop kaalgeskeer nie; sy wenkbroue het ook in die slag gebly.

Die Spaanse akteur vertolk die rol van Picasso in sy later jare. Alex Rich verskyn in die rol van die jong Picasso.

Buenas noches #goodnight ??

A post shared by Antonio Banderas (@antoniobanderasoficial) on

Genius: Picasso is ’n National Geographic-reeks wat op 24 April bekendgestel word.

Gesondheidskok

Luidens berigte het die ster, wat ’n smeulende El Mariachi in Desperado (1995) en die held in The Mask of Zorro (1998) aan die wêreld bekendgestel het, verlede jaar ’n hartaanval gehad.

Hy het later ’n verklaring uitgereik waarin hy bekendgemaak het hy het op 26 Januarie ’n hartaanval gehad.

“Dit het nie baie skade veroorsaak nie en ek is nou in ’n tydperk van herstel.

“Dit is iets wat daagliks met talle mense gebeur. Ek het dit nie weggesteek nie, maar wou nie hê dit moet belangriker geag word as hartaanvalle by ander mense nie.”

Bronne: stuff.co.nz, eonline.com, wmagazine.com