Die sanger Arno Jordaan en die aktrise Christel van den Bergh is van die plaaslike bekendes wat in die sosiale media kiekies uit hul skooldae gedeel het.

Arno het op Instagram foto's van hom in pre-primêr gedeel langs kiekies van sy oudste seun, Milan (5), wat vanjaar in graad R is.

“Ek was maar besig jong,” sê Arno oor sy skooldae. “Ek was gereeld in die hoof se kantoor, maar het darem as onderhoofseun uitgedraai.”

Die As Jy Hier Is-sanger vertel dat Milan nes hy ’n klein, sensitiewe hartjie het, maar dat sy skaamheid van sy ma, Lizanie, afkomstig is. 

Arno se wens vir Milan is eenvoudig: “Hy moet net ’n kaalvoetkind wees wat speel, drome droom en vir elke oomblik leef!”

Christel, wat as die ambisieuse Renate Greeff in die kykNET-sepie Getroud met Rugby te sien is, het haar opgewondenheid oor die nuwe skooljaar gewys deur ’n foto van haar in graad 1 met haar 19 000 Instagram-volgelinge te deel.

"As ek na hierdie foto'tjie kyk, weet ek nie of ek moet lag of huil nie," skryf sy by die kiekie. "Maar klein Christelletjie was duidelik baie happy! Haglike haarstyl of te not!

"As mens so na daai geswelde ogies kyk, was ek klaarblyklik baie opgewonde en kon ek seker nie 'n oog toemaak die vorige aand nie."

Die sanger Ricus Nel het ook op ’n nostalgiese reis gegaan en ’n ou kinderfoto van hom en sy suster op Instagram gedeel. "#tbthursday Baie mane terug! Ek en my sus!" het die sanger op Instagram langs ’n laggende emoji geskryf. 

View this post on Instagram

#tbthursday Many moons ago! Ek en my sus! ??

A post shared by Ricus Nel (@ricusnel) on

Wen ’n deel van R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto!

Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe?

Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen.

Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Skryf nou in vir hierdie wonderlike kompetisie.