View this post on Instagram

Check jou 7:30 ???? @binnelanderstv

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

Sy't onlangs by die Binnelanders-span aangesluit en kykers leer ken haar nou as suster René Spies. 

Terselfdertyd kuier sy weer op die kassie as die ernstige Jony Scholtz in die derde seisoen van die komediereeks Hotel. 

Sy is ook druk besig met die reëlings vir haar troue wat in Februarie plaasvind.

Haar verloofde, Andries Pretorius, is ’n sakeman en die twee is al ’n geruime tyd ’n paartjie.

Haar meer as 80 000 volgelinge op Instagram was verheug toe die man in haar lewe eindelik in Oktober verlede jaar die groot vraag vra.  

View this post on Instagram

JAAAAAAAAAAAAAAAAAA. ????

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

Haar vriendinne het onlangs vir haar ’n kombuistee in die Kaap gehou en dit was duidelik ’n fees. 

Sterkte met die groot jaar, Simoné.