Die model Lee-Ann Liebenberg het vandag haar "little baby Bella" by die skool afgelaai. Gabrielle, wat in April 2014 gebore is, sal nou saam met haar ousus, Gia, wat verlede jaar gr. 1 toe is, vir skool moet regmaak.

Gia starting Grade 1 today! ???????????? #BigSchool ??

A post shared by Lee-Ann Liebenberg (@leeann_liebenberg) on

Die Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, Minki van der Westhuizen, en haar man, Ernst Joubert, se oudste dogter, Katerien, het vandag ook in Stellenbosch skool toe gegaan.

Melanie en Arno Carstens se seuntjie, Hayden, het ook vandag "grootskool" toe gegaan.

And so it begins ... #firstdayofbigschool

A post shared by Melanie Carstens (@melaniecarstens) on

Die aktrise Marisa Drummond se dogtertjie lyk of sy glad nie bang is vir die "grootskool" nie. "O, gits julle, so lekker!" skryf Marisa by die lawwe foto's van Annabel wat gr. 1 toe is. 

O gits julle, SO lekker! #proudmom #gradeone #school #firstday #notears

A post shared by Marisa Drummond (@marisa_drummond) on

Monja Matfield, Victor se vrou, het ook ’n foto van hul drie dogters op Instagram geplaas, wat onderskeidelik gr. 6, gr. 3 en gr. RRR toe gaan.

Eerste dag, graad 6, graad 3 en graad RRR @laerskool_lynnwood

A post shared by Monja Matfield (@monjamatfield) on

Heinz Winckler en sy vrou, Aletté-Johanni, het ook vandag hul drie seuns, Reuben, Simeon en Lian skool toe gevat.

Die Getroud met Rugby-aktrise Marijke van der Westhuizen het haar seuntjie, Juwan, by die skool afgelaai.

Die sanger Willem Botha kon ook nie die geleentheid laat verbygaan om tong in die kies een van sy "skoolfoto's" op te laai nie. "Baie sterkte aan almal wat terug gaan skool toe en met jul eerste dag," skryf Willem by die Instagram-plasing.