Van link is Kylie Jenner se dogter, Stormi (8 maande), True, Rob Kardashian se eenjarige dogtertjie, Dream, en Kim Kardashian se dogter Chicago (9 maande) en seun, Saint (2). Foto: Instagram

Dié geselligheid is deur Khloé vir haar kleinding True gereël nadat sy haar haar eerste ses maande op aarde gevier het. Sy het toe besluit om al die Kardashian-kleingoed bymekaar te kry om saam met hul jongste niggie partytjie te hou, berig Cosmopolitan.

Die partytjie het op ’n grasperk plaasgevind en Kylie Jenner se dogter, Stormi (8 maande), True, Rob Kardashian se eenjarige dogtertjie, Dream, en Kim Kardashian se dogter Chicago (9 maande) en seun, Saint (2) het die oulike viering bygewoon. 

In ’n skattige foto sit die kleingoed op ’n pienk kombers en klein Chicago is heel doenig met die lekker koek wat voor hulle staan. 

Die Kardashians, wie ’n hegte band het as sibbe, se kleingoed word ook gereeld saam in die sosiale media gekiek. 

In ’n onlangse foto wat Kim van haar en Khloé gedeel het as huldeblyk op haar 34ste verjaardag, is klein True en Chicago op hul ma’s se skote te sien.

Al die sibbe insluitend die jongste, Kylie, het kinders, maar Kendall Jenner is tevrede om haar beurt met ouerskap af te wag. 

Kort voor True se geboorte, was Kendall op die Amerikaanse geselsprogram Ellen DeGeneres en het dié kwessie aangespreek. "Ek het oomblikke waar ek dink ek het babakoors, maar ek het nie," het sy aan Ellen vertel. 

Die model het ook bygevoeg dat sy ’n rukkie langer kan wag om ma te word, maar sy is gelukkig, want sy kan met haar sibbe se kinders speel en hulle daarna weer aan hul ouers teruggee, berig Elite Daily

View this post on Instagram

I always knew unicorns existed ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Ouma Kris Jenner (62) wie se verhouding met Khloé nie altyd maanskyn en rose is nie, was ook deel van dié intieme viering. In ’n roerende inskrywing het Khloé haar ma bedank en kon sy nie uitgepraat raak oor die rol wat Kris in haar en haar susters se lewe speel nie. 

"Dankie dat ma een van my beste vriendinne is, maar bowenal dankie dat jy my ma is. As ek kon, sal ek ma ’n miljoen keer oor kies!” het sy by ’n foto van haar en haar ma geskryf. 

Bronne: Cosmopolitan, Elite Daily, US Hola